Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Landbou: Topvyf-vraagstukke in April 2026
Verskeie mediaberigte in April 2026 toon dat Suid-Afrika se landbousektor gemengde toestande ervaar. Aan die positiewe kant bly produksievooruitsigte vir graan en uitvoere relatief sterk. Terselfdertyd plaas stygende brandstof- en kunsmiskoste, aangevuur deur geopolitieke spanning, groot finansiële druk op boere, terwyl weerstoestande in sekere dele van die land ʼn beduidende bron van onsekerheid vir produksie bly. Die bek-en-klouseer-uitbreking, tesame met logistieke uitdagings, benadeel steeds die sektor se stabiliteit en uitvoervermoë.
1. Graanboere onder druk weens hoë kunsmis- en brandstofpryse
Graanboere landwyd staar ʼn nagmerrie in die gesig weens die 58%-styging in stikstofkunsmispryse, asook brandstofpryse wat die hoogte inskiet.
2. Handelsbeperkings plaas SA landbou onder druk
Handelsbeperkings plaas Suid-Afrika se landboubedryf en streekshandel onder toenemende druk. Hierdie beperkings ondermyn bestaande handelsooreenkomste, skep onsekerheid vir produsente en bedreig werksgeleenthede.
3. Mieliediefstal kos boere miljoene
Mieliediefstal kos Suid-Afrikaanse boere meer as R200 miljoen per seisoen. Daar word berig dat daar tans hoofsaaklik twee vorms van mielieverwante misdaad voorkom.
4. Nóg dosisse entstof teen bek-en-klouseer vir Suid-Afrika
Die aankoms van twee miljoen dosisse entstof teen bek-en-klouseer in Suid-Afrika is deur Dunevax Biotech bevestig. Dit vorm deel van die ses miljoen dosisse wat vir die land se stryd teen die bek-en-klouseer-uitbreking ingevoer word.
5. Suid-Afrikaanse boere onder druk weens weerstoestande én ekonomie
Boere in dele van Suid-Afrika werk teen tyd weens nat toestande wat plant- en oesprosesse vertraag, terwyl stygende insetkoste finansiële druk verhoog.
Hou Solidariteit se Landbousektorgroep dop vir die jongste nuus en gebeure in jou beroep.