loading
avatar
Artikels
8 uur gelede
boer-slimmer-danksy-solidariteit-se-landboukursusse

Foto Krediet: OkayDeer

Boer slimmer danksy Solidariteit se landboukursusse

Deur Kyla-Ann du Toit

Boerdery lyk vandag nie meer soos tien jaar gelede nie, en oor tien jaar gaan dit nóg anders lyk. Klimaatsverandering, hulpbronbestuur en nuwe landboupraktyke dwing boere om anders te dink, slimmer te werk en voortdurend te leer.

Die vraag is nie meer óf jy moet aanpas nie, maar hoe vinnig jy dit kan doen.

Die goeie nuus is dat jy nie alleen hoef sin te maak van hoe om jou boerdery te versterk nie. Danksy Solidariteit se kursusse vir voortgesette leer kry jy toegang tot praktiese en relevante kennis wat jou help om jou boerdery volhoubaar én winsgewend te maak.

Leer om vooruit te boer

ʼn Sterk boerdery begin by die regte kennis en vaardighede. Solidariteit se landboukursusse is spesifiek ontwikkel om jou met praktiese oplossings vir werklike uitdagings toe te rus.

Of jy nou net begin of al jare se ervaring het, hierdie kursusse help jou om slimmer met jou hulpbronne te werk, beter beplanning toe te pas en nuwe metodes te gebruik om jou produktiwiteit te verhoog.

Namate die landboubedryf bly verander, word dit al hoe belangriker om op hoogte te bly van die jongste tendense en jou kennis voortdurend uit te brei. Voortgesette leer help jou dus om nie net by te bly nie, maar om voor te bly.

Fokus op volhoubare en praktiese oplossings

Solidariteit bied twee kursusse aan wat spesifiek op boerdery fokus:

1. “Beginsels van permakultuur”

Hierdie kursus wys jou hoe om in harmonie met die natuur te boer. Jy gaan onder meer leer hoe om:

  • • water effektief te bestuur;
  • • biodiversiteit te bevorder; en
  • • grondgesondheid te verbeter.

Praktiese tegnieke soos deklaagbewerking, voedselwoude en selweiding word ook behandel. Die doel is eenvoudig: om jou boerdery nie net volhoubaar te maak nie, maar ook selfonderhoudend.

2. “Volhoubaarheid van kleinboerdery”

Hierdie kursus fokus op veerkragtigheid en groei in ʼn uitdagende omgewing. Jy gaan leer hoe om:

  • • hulpbronne doeltreffend te gebruik;
  • • klimaatuitdagings beter te bestuur; en
  • • strategies te beplan vir ʼn winsgewende toekoms.

Onderwerpe soos saadbewaring, hernubare energie en risikobestuur gee jou praktiese gereedskap wat jy onmiddellik kan toepas.

Hierdie kursusse duur slegs twee weke en kan maklik en gerieflik op jou eie tyd aanlyn voltooi word. Albei kursusse is teen R3 500 beskikbaar, maar indien jy ʼn Solidariteit-lid is, kan jy dit gratis voltooi.

Dit beteken jy kry toegang tot wêreldklas-opleiding sonder om jou sak te ruk. Met nagenoeg 150 kursusse op Solidariteit-aanlyn kan jy jou kennis voortdurend uitbrei. Danksy die Solidariteit-app het jy ook vinnige en maklike toegang tot jou kursusse en kan jy dit sommer enige tyd en op enige plek dit voltooi. Laai die app gratis af op Google Play Store of die App Store.

Begin jou reis na ʼn wenboerdery

ʼn Boer maak altyd ʼn plan, maar met die regte kennis maak jy beter planne!

Dit is juis dié wat bereid is om voortdurend te leer en aan te pas wat vooruit boer. Danksy Solidariteit se kursusse vir voortgesette leer kry jy die gereedskap om nie net vandag se uitdagings te hanteer nie, maar om ʼn volhoubare toekoms te bou.

Moenie wag tot verandering jou inhaal nie! Klik hier om jou profiel op Solidariteit te registreer, koppel jou lidmaatskap om kursusse gratis te voltooi, en begin vandag nog jou leerreis na ʼn slimmer, suksesvoller en meer volhoubare boerdery.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel