loading
Artikels
1 jaar gelede
leer-hoe-om-jou-besigheid-se-finansies-effektief-te-bestuur

Foto Krediet: Solidariteit

Leer hoe om jou besigheid se finansies effektief te bestuur

Deur Maryna Eksteen

Dis baie opwindend om jou eie onderneming te begin, maar dit kom soms met talle uitdagings. Die hart van jou onderneming se sukses lê in die bestuur van jou onderneming se finansies. Solidariteit bied ʼn omvattende kursus wat jou die baas van jou finansies sal maak. Die kursus bestaan uit vier afdelings wat ondermeer handel oor finansieringskonsepte, boekhou-konsepte, rekeningkundige rekords, en belasting en BTW.

Hier volg ʼn oorsig oor wat jy van die kursus kan verwag.

Finansieringskonsepte

Die afdeling handel oor die finansieringsfaktore betrokke by jou onderneming en die gebruik van fondse. Henru Krüger ʼn interne ouditeur by die ATKV en Annelize Hartman, besturende direkteur van Serenity Accounting, gesels ook oor ʼn balansstaat en delf dieper in bedryfskapitaal en kontantvloei in.

Boekhou-konsepte

Boekhouding is nie noodwendig die lekkerste werk nie, maar dit is beslis een van die mees belangrikste werke. Henru en Annelize gesels in hierdie afdeling ʼn bietjie oor boekhouding en ontsluit hierdie wêreld vir jou. Kursusgangers kan ook agter die kap van die byl kom met die aspekte van boekhou-inskrywings, kontant en ontvangste en rekenaargebaseerde boekhoustelsels.

Rekeningkundige rekords

Buiten boekhou is rekeningkundige rekords ook van kardinale belang. Dit kan ʼn onderneming maak of breek wanneer dit by die maande kom waar belastingopgawes ingedien moet word. Henru en Annelize bespreek ook bates en laste, begrotings en die interpretasie van inligting.

Belasting en BTW

Hierdie afdeling handel oor die groot “B”-woord nl. belasting. Hier kyk ons na belasting vir kleinsakeondernemings, belasting op toegevoegde waarde en belastingverpligtinge vir kleinsakeondernemings.

Maak seker dat ʼn gebrek aan finansiële kennis nie die ondergang van jou onderneming is nie, en voltooi vandag nog hierdie kursus. Klik hier om aan te sluit. Neem jou toekoms in eie hande en #RaakTuis by Solidariteit.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel