loading
avatar
Artikels
7 uur gelede
leermyleierskap-help-jou-kind-om-n-leier-te-wees-met-of-sonder-n-balkie

Foto Krediet: Okay Deer

#LeerMyLeierskap: Help jou kind om ʼn leier te wees – met of sonder ʼn balkie

Deur Kyla-Ann du Toit

Baie ouers hoop dat hul kinders eendag leiers sal wees – iemand wat verantwoordelikheid neem, ander respekteer en ʼn positiewe verskil in hul gemeenskap maak. Tog dink ons dikwels leierskap is net vir iemand met ʼn titel en ʼn balkie.

Die waarheid is egter dat leierskap by klein, alledaagse besluite begin. Om eerlik te wees, dit begin by die kere waar niemand kyk nie, waar konflik op ʼn volwasse manier hanteer word en waar jy ander met respek behandel.

Daarom het Solidariteit ʼn splinternuwe #LeerMyLeierskap-reeks vir graad 7- tot 11-leerders ontwikkel. Hierdie gratis aanlyn kursus help jong mense om te verstaan dat ʼn balkie jou nie noodwendig ʼn leier maak nie. Die reeks wys ook dat leierskap nie iets is waarmee jy gebore word nie, maar ʼn vaardigheid wat deur selfkennis, waardes en goeie praktyk ontwikkel kan word.

Met praktiese leiding en relevante voorbeelde help hierdie kursus kinders stap vir stap om hulself beter te leer ken, verantwoordelikheid te neem en met selfvertroue in moeilike situasies op te tree.

Wat behels die #LeerMyLeierskap-reeks?

Die kursus bestaan uit ses praktiese lesse wat leerders help om belangrike leierskapsvaardighede te ontwikkel:

  • • Watter tipe leier is jy?
  • • Die kern van leierskap
  • • Verskille en konflik
  • • Leiers doen moeilike dinge
  • • Leierskap in ʼn diens
  • • Gryp die geleentheid aan

Solidariteit verstaan dat ouers nie net wil hê hul kinders moet akademies presteer nie, maar ook dat hulle in sterk, verantwoordelike jong mense moet ontwikkel. Die #LeerMyLeierskap-reeks gee vir leerders die nodige praktiese hulpmiddels om hierdie vaardighede reeds op skool te begin ontwikkel.

Help jou kind danksy Solidariteit se Skoliere-aanbod

Die #LeerMyLeierskap-reeks is net nog ʼn manier waarop Solidariteit se Skoliere-aanbod leerders toerus om verantwoordelikheid te neem, wyse keuses te maak en sodoende ʼn positiewe verskil te maak waar hulle ook al gaan.

Met talle ander bykomende hulpmiddels soos videoreekse, loopbaanvoorligting en studieondersteuning help Solidariteit se Skoliere-aanbod leerders om hulself beter te leer ken, met selfvertroue na die toekoms te kyk en in selfversekerde volwassenes in te groei.

Klik hier om vandag nog vir jou kind ʼn gratis profiel op Solidariteit-aanlyn te skep en gebruik die kode “Leierskap26” vir gratis toegang tot die #LeerMyLeierskap-kursus.

Help jou kind om hul toekoms in hul eie hande te neem!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel