loading
avatar
Artikels
1 week gelede
leer-teen-50-wenke-vir-mense-wat-voel-hulle-tyd-is-verby

Foto Krediet: OkayDeer

Leer teen 50: Wenke vir mense wat voel hulle tyd is verby

Deur Maryna Eksteen

Daar bestaan ʼn mite dat leer net vir jong mense is. Baie mense voel teen die ouderdom van 50 dat hul tyd verby is – dat dit tyd is om die hoofstuk af te sluit en die jonger generasie die geleentheid te gee. Navorsing wys egter die teenoorgestelde. Mense in hul middeljare kan groot waarde uit opleiding put. Dit gaan nie net oor nuwe kennis nie, maar oor relevansie, selfvertroue en die vermoë om jou plek in ʼn veranderende arbeidsmark te behou.

Hoekom leer ná 50 steeds ʼn slim keuse is:

  • • Die brein bly leerbaar. Neurowetenskaplike studies wys dat neuroplastisiteit – die brein se vermoë om nuwe verbindings te vorm – deur die leeftyd voortduur. Hoewel leer by ouer volwassenes soms stadiger verloop, is die kwaliteit van leer dikwels soveel beter omdat konsepte makliker aan praktiese ervaring gekoppel word.
  • • Opleiding verbeter werksekerheid. Volgens die Organisation for Economic Co-operation and Development (OECD) se Employment Outlook 2025-verslag (hoofstuk “Staying in the Game: Skills and Jobs of Older Workers in a Changing Labour Market”) is daar ʼn sterk korrelasie tussen deelname aan opleiding of vaardigheidsontwikkeling en voortgesette indiensneming op hoër ouderdomme.
  • • Ervaring en nuwe vaardighede is gelyk aan waarde. Werkgewers waardeer nie net tegniese vaardighede nie, maar ook oordeel, betroubaarheid en ervaring – eienskappe wat ouer werknemers dikwels het. Die OECD-verslag toon dat opleidingsprogramme vir volwassenes, veral dié wat later in hul loopbaan nuwe kennis opdoen, beduidende opbrengste kan lewer.
  • • Gesondheidsvoordele: Navorsing wys dat lewenslange leer, veral die aanleer van ʼn nuwe taal, kognitiewe agteruitgang in ouer volwassenes kan vertraag en help om geestelik skerp te bly.  

Praktiese wenke om weer te begin leer:

  1. 1. Begin klein en bou momentum. Skryf in vir ʼn kortkursus, soos dié wat deel vorm van Solidariteit se voortgesette leer-aanbod. Sukses in ʼn kleiner projek motiveer jou om groter uitdagings aan te pak.
  2. 2. Kies doelgerig. Vra jouself: Watter vaardigheid sal my werk makliker of meer doeltreffend maak? Dink aan kursusse in Excel, projekbestuur of basiese IT-vaardighede.
  3. 3. Gebruik jou ervaring. Jou bestaande kennis help jou om nuwe leerinhoud vinniger te verstaan, en jy hoef nie van voor af te begin nie.
  4. 4. Skep ʼn studieroetine. Stel vaste tye in die week af, selfs al is dit net 20 minute per dag. Konsekwentheid maak ʼn groot verskil.
  5. 5. Maak tegnologie deel van jou gereedskap. Selfoon-apps en aanlyn platforms, soos Solidariteit se voortgesette leer-aanbod, bied buigsame maniere om te leer – teen jou eie tempo en volgens jou skedule.
  6. 6. Soek ondersteuning. Gesels met kollegas of sluit aan by ʼn studiegroep. Sosiale leer verhoog jou motivering en jou kanse om te volhard.

Solidariteit se Leer-aanbod

Solidariteit se voortgesette leer-aanbod sluit in:

  • • kortkursusse in rekenaarvaardighede, projekbestuur en kommunikasie;
  • • vaardigheidsprogramme in tegniese beroepe, administrasie en leierskap; en
  • • ʼn aanlyn leerplatform wat jou die geleentheid bied om teen jou eie tempo te studeer – ideaal vir mense wat werk en leer wil balanseer.

Jy kan op enige ouderdom nuwe waarde skep. Jou ervaring gee jou ʼn sterk basis, en Solidariteit se opleidingsopsies help jou om dit uit te bou met praktiese en relevante kennis.

Skep jou gratis profiel by Solidariteit vandag! Lede geniet gratis toegang tot nagenoeg 150 aanlyn leerkursusse wat jou in die werkplek bemagtig. Nog nie ʼn lid nie? Klik hier en leer jou toekoms oop!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel