Foto Krediet: Pexels - Dziana Hasanbekava
Gekopieër
Tyd is nie altyd geld nie
Deur Maryna Eksteen
Om voltyds te werk én kinders groot te maak, sit nie sommer in elke persoon se broek nie. Voeg daarby die begeerte om nog nuwe vaardighede aan te leer, en dan voel dit gou asof jy ʼn ekstra 25ste uur in die dag nodig het. Maar die waarheid is: Jy hoef nie meer tyd te hê nie, jy moet net slimmer met jou tyd te werk gaan. Klik hier om te leer hoe jy jou tyd beter kan bestuur.
Baie werkende ouers dink dit is te laat om weer te leer of te studeer. Maar met die regte strategieë en ondersteuning is dit nie net moontlik nie – dit kan selfs jou loopbaan én jou gesinslewe verryk.
1. Sien leer as deel van jou gesinslewe
Jy hoef nie jou kinders van jou leerreis te isoleer nie. Laat hulle sien dat jy ook nuwe goed leer. Dit wys vir hulle dat leer nie net iets van die skool is nie, maar deel van die lewe. Jy kan selfs studietyd saam met huiswerktyd inbou.
2. Gebruik mikrotake en “sakpasleer”
Jy hoef nie ure aaneen voor ʼn rekenaar te sit nie. Aanlyn leer bied dikwels kort modules, video’s of leesstukke wat jy binne 15 tot 20 minute kan afhandel. Sit dit in jou dag se “sakpouse”: wagtyd by die sportveld, ʼn kort breek tussen vergaderings of selfs terwyl jy kook.
3. Skep ʼn gesinskalender en hou daarby
Suksesvolle ouers beplan. Gebruik ʼn gesinskalender (elektronies of op die yskas) en merk nie net die kinders se aktiwiteite nie, maar ook jou studietye. As dit daar staan, is dit amptelik. Dan sal jy minder geneig wees om dit te skuif of uit te stel.
4. Leer om nee te sê
Nie alles wat op jou pad kom, is ʼn prioriteit nie. Soms beteken groei om ekstra take van die hand te wys. As jy leer boaan jou prioriteitslys plaas, sal jy vinnig sien hoe jou energie beter bestee word.
5. Gebruik jou netwerk
Moenie bang wees om hulp te vra nie. Familie, vriende, of selfs jou kinders se maats se ouers kan soms inspring en help.
6. Kies die regte leerplatform
Kwaliteit maak saak. Kies programme wat buigsaam is en wat spesifiek vir werkendes ontwerp is. Solidariteit bied aanlyn opsies wat jou toelaat om jou leerpad aan te pas by jou gesinslewe. Klik hier om meer te leer van Solidariteit se voortgesette leer-aanbod.
7. Jy doen dit vir meer as net jou CV
Leer gaan nie net oor ʼn kwalifikasie nie. Dit gaan oor selfvertroue, om jou kinders te wys dat hul ouer nooit ophou groei nie, en oor ʼn toekoms verseker. Elke nuwe vaardigheid is ʼn belegging – nie net in jou werk nie, maar in jou gesin se toekoms.
Tyd is nie altyd geld nie – soms is tyd ʼn belegging in jou eie groei. As werkende ouer hoef jy nie jou droom om te leer van die tafel af te haal totdat die kinders groot is nie. Jy kan nou begin – slim, stap vir stap, en met die regte ondersteuning.
By Solidariteit glo ons dat voortgesette leer nie ʼn luuksheid is nie, maar ʼn noodsaaklikheid. Jy hoef nie ekstra tyd te skep nie, jy moet dit net anders begin gebruik.
Lede van Solidariteit kry gratis toegang tot nagenoeg 150 aanlyn kursusse! Skep jou profiel hier, koppel jou lidmaatskap hier en leer jou toekoms oop. Indien jy nog nie ʼn lid is nie, kan jy hierdie kursusse aankoop, of klik hier om meer te leer oor wat ʼn Solidariteit-lidmaatskap jou bied.