loading
Artikels
2 dae gelede
linkedin-en-solidariteit-begin-bou-aan-jou-toekoms-as-n-student

Foto Krediet: Pixabay

LinkedIn en Solidariteit: Begin bou aan jou toekoms as ʼn student

Om as ʼn student jou plek in die wêreld te vind, is een van die opwindendste, maar ook uitdagendste tye in jou lewe. Hoe berei jy jouself voor vir ʼn blink toekoms? Deur vroeg reeds aan jou netwerk te begin bou! LinkedIn is een van die belangrikste platforms om te gebruik, maar Solidariteit bied ook lekker hulpmiddels om jou loopbaan ʼn voorsprong te gee.

Waarom LinkedIn vir studente belangrik is

Selfs al studeer jy nog, is LinkedIn ’n waardevolle hulpmiddel wat jou kan help om ʼn voorsprong te kry. Hier is hoe dit jou kan bevoordeel:

  1. Sluit aan by ʼn netwerk van mentors en maats: Met LinkedIn kan jy met dosente, alumni van jou universiteit en beroepslui in jou veld verbind.
  2. Bou aan jou reputasie: Wys jou akademiese prestasies, vaardighede en enige projekte waaraan jy gewerk het.
  3. Skep geleenthede: Werkgewers kyk al hoe meer na LinkedIn-profiele – as jy aktief en professioneel is kan dit jou die voorsprong gee.
  4. Leer en groei: LinkedIn Learning bied ʼn magdom gratis kursusse aan wat jou sal help om nuwe vaardighede aan te leer, selfs terwyl jy studeer.

Hoe om jou LinkedIn-profiel as student uit te bou

  • Profielfoto: Gebruik ʼn netjiese en vriendelike foto.
  • Opskrif: Noem jou studierigting of jou doel, bv. “Rekeningkunde-student met ʼn passie vir tegnologie in finansies.”
  • Opsomming: Skryf kortliks oor jou doelwitte en vaardighede.
  • Aktiwiteit: Deel artikels, insigte of projekte wat jou velde van belang dek.
  • Konneksies: Begin met medestudente, dosente en selfs vriende wat reeds in die industrie is.

Solidariteit se Studente-aanbod

Terwyl LinkedIn jou help om professioneel te netwerk, gee Solidariteit vir jou as student toegang tot unieke hulpbronne wat jou op jou reis na sukses nog ʼn tree verder neem.

  1. Vind #JouStem: Solidariteit gee vir jou ʼn platform waar jou mening saak maak. Skryf meningstukke wat die kans staan om op Maroela Media gepubliseer te word en raak deel van openbare gesprekke wat studente aangaan.
  2. Bemeester #JouStudie: Met Solidariteit se hulpmiddels soos ʼn eksamenbeplanner, produktiwiteitstemplate, en toegang tot studiebeurse en lenings, kan jy jou studie met meer selfvertroue aanpak.
  3. Wees gereed vir #JouWerk: Solidariteit bied kursusse aan wat spesifiek vir jou studierigting ontwerp is, ʼn CV-gids, advies oor onderhoude en selfs fasilitering vir skaduwerk. Hulle stap die pad saam met jou totdat jy jou studentetitel verruil vir ʼn loopbaan.

Netwerke is die sleutel tot sukses, en daar is geen beter tyd om aan joune te begin werk as vandag nie. Gebruik LinkedIn om jouself te posisioneer en sluit by Solidariteit aan om jou tersiêre reis voluit te leef en jou toekoms met selfvertroue te bou.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel