Foto Krediet: Okay Deer
Gekopieër
Lugvaart: Topvyf-vraagstukke in April 2026
Verskeie mediaberigte in April 2026 toon dat Suid-Afrika se lugvaartsektor gelyktydig vooruitgang én ernstige uitdagings ervaar. Die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid het ʼn internasionale veiligheidsprestasie behaal, terwyl infrastruktuur- en bestuursprobleme ʼn groot kopseer bly. Kommer oor brandstofvoorraad en -prysstygings duur ook voort.
1. FlySafair se storie wys werkers en bestuur kán saamwerk
Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, skryf oor die belangrikheid van samewerking tussen bestuur en arbeid, met FlySafair as ʼn sprekende voorbeeld.
2. Kommer oor stygende brandstofpryse
Lugdienste waarsku dat vliegtuigbrandstofpryse skerp gestyg het tot nagenoeg R30 per liter, wat druk op lugdienste plaas en reeds tot duurder – en moontlik nóg duurder – vliegkaartjies lei.
3. ʼn Suid-Afrikaanse lughawe verloor lisensie
Die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid het die lisensie van die Vereeniging-lughawe herroep aangesien die lughawe nie meer aan basiese vereistes voldoen nie.
4. IATA sê Afrika-regerings moet lugvaart prioritiseer
Die Internasionale Lugvervoervereniging doen ʼn beroep op Afrika-regerings om lugvaart as ʼn strategiese dryfveer van ekonomiese groei te prioritiseer.
5. Bankrotskap wink vir SAL
Die VF Plus meen die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se finansiële state vir die 2024-’25-boekjaar lyk goed op papier; waarskuwingstekens dui egter daarop dat die lugdiens steeds bankrotskap in die gesig staar.
Hou Solidariteit se Lugvaartsektorgroep dop vir die jongste nuus en gebeure in jou beroep.