loading
avatar
Artikels
4 uur gelede
mbeki-stigting-soek-sondebokke-vir-n-mislukte-ideologie

Fotokrediet: Solidariteit

‘Mbeki-stigting soek sondebokke vir ʼn mislukte ideologie’

Deur dr. Dirk Hermann

Die dokument van die Mbeki-stigting is ʼn bisarre stuk skryfwerk wat soos ʼn draaiboek vir ʼn film oor samesweringsteorieë lees. Dit werk met ou, uitgediende idees en begrippe, soos revolusionêre en teenrevolusionêre magte uit die stryd voor 1994.

Die dokument bevestig dat die ANC steeds probeer regeer met ʼn ‘struggle’-ideologie. Dit is die onderliggende rede waarom die ANC as regeerparty misluk.

Die Mbeki-stigting soek nou sondebokke vir die mislukte ideologie, in plaas daarvan om goed begronde kritiek op die regering te lewer.

Die Solidariteit Beweging neem egter grondwetlike ruimtes in en bou aan post-1994-werklikhede vir die Afrikaanse gemeenskap.

Dit is nie teenrevolusionêr om grondwetlike regte op te eis en binne grondwetlike ruimtes te bou nie. Die Mbeki-stigting is ongelukkig omdat Solidariteit nie gedienstig aan die ANC-gedrewe staatsideologie is nie. Ons is egter meer as bereid om met die Mbeki-stigting oor die dokument in gesprek te tree.

Lees hier meer oor die Solidariteit Beweging se reaksie op die Thabo Mbeki-stigting se dokument van 123 bladsye, The United States of America and the Future of the Afrikaners in South Africa.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-aanlyn.
Skep vandag nog jou profiel