
Foto Krediet: Okay Deer
Gekopieër
Bemagtig jouself en verstaan jou regte by die werk!
Deur Anja van den Berg
Suid-Afrikaanse arbeidswette is beroemd daarvoor dat hulle progressief is en werknemers se regte beskerm, maar jong werkers weet nie altyd wat hul regte is nie en kan uitgebuit word.
Solidariteit hanteer arbeidswetgewinggevalle (een van die voordele van lidmaatskap van Solidariteit). Ons verteenwoordig meer as 100 000 lede in alle beroepsvelde vir die beskerming van hul regte in die werkplek. Solidariteit het meer as 1 200 werkersverteenwoordigers in duisende maatskappye, ons eerste verdedigingslinie om ons lede te beskerm.
As jy ʼn jong professionele persoon is, wil ons jou bemagtig met basiese inligting oor jou fundamentele regte by die werk.
Artikel 23 van die Suid-Afrikaanse Grondwet maak voorsiening vir billike arbeidspratyke onder die premis van basiese menseregte. Elke werker is byvoorbeeld daarop geregtig om met waardigheid en respek behandel te word en in veilige omstandighede te werk. Die Wet op Arbeidsverhoudinge (LRA) brei hierdie basiese regte uit en die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (BCEA) wil kwesbare werkers beskerm. Die omstandighede wat in die LRA en BCEA omskryf word, is nie onbuigsaam nie, wat beteken dat werkgewers beter omstandighede kan bied maar nie swakker nie.
Laat ons teen hierdie agtergrond kyk na ʼn paar van jou fundamentele regte by die werk sodat jy met vertroue standpunt kan inneem as jy moet:
Besoldiging
- Jy het die reg om jou vasgestelde loon te ontvang. ʼn Werkgewer kan nie jou salaris sonder jou toestemming verminder nie en hulle kan ook nie sonder jou skriftelike toestemming aftrekkings maak nie. Daar is ʼn paar uitsonderings vir statutêre aftrekkings, soos LBS, WVF, enige aftrekking wat deur ʼn hofbevel vereis word, aftrekkings vir aftreefondsbydraes of mediesefondsaftrekkings.
- Die werkgewer word aangemoedig om by die omskrewe voorwaardes te hou as ʼn bepaalde betaaldatum in die dienskontrak gestipuleer word. Arbeidswetgewing laat egter vir werkgewers speling toe tot die sewende dag van die volgende maand om hul werkers te betaal.
- Salarisverhogings word gewoonlik nie deur arbeidwetgewing gereguleer nie en die werkgewer is nie verplig om jaarlikse verhogings toe te staan nie.
- Sedert 1 Maart 2022 is die nasionale minimum loon vasgestel op R23,19 vir elke gewone uur gewerk; anders as in vorige jare, word daar nie vir spesifieke werkergroepe voorsiening gemaak nie.
Werkure
- Die maksimum toegelate normale werkure per week is 45 uur. Werkgewers moet nie die wet só vertolk dat dit beteken dat die werknemer 45 uur per week moet werk nie, maar só dat hulle nie meer as 45 uur mag werk nie.
- As werkure ontleed word, kom dit neer op 9 uur per dag (etenstyd uitgesonder) as die werknemer ʼn vyfdagweek werk.
- As die werknemer meer as vyf dae per week werk, moet hulle hoogstens 8 uur (etenstyd uitgesluit) per dag werk.
- Alle oortyd is vrywillig en mag slegs per ooreenkoms tussen die werkgewer en die werknemer gewerk word.
Siekteverlof, gesondheid en veiligheid
- Werknemers is geregtig op ʼn werkplek met werkende toilette, noodhulpvoorraad, drinkwater, verkleefasiliteite, beskermende klere, ventilasie, goeie verligting en gerieflike temperature.
- Gedurende elke 36-maandsiklus (wat op die eerste dag by die werk begin)is die werknemer op betaalde siekteverlof geregtig. Dit is gelykstaande met die presiese getal dae wat hulle gewoonlik in ʼn tipiese sesweekperiode werk.
- Gedurende die eerste ses maande na indiensneming is die werknemer geregtig op net een dag siekteverlof vir elke 26 dae gewerk. As die werknemer alle beskikbare siekteverlof in die loop van ʼn siklus opgebruik, is enige verdere siekteverlof wat nodig is onbetaalde verlof.
- Die ideaal is dat die werknemer ʼn mediese sertifikaat indien wat deur ʼn geregistreerde praktisyn onderteken is. Die werkgewer is nie verplig om die werknemer te betaal as hulle gedurende enige agtweekperiode by meer as twee verskillende geleenthede van die werk afwesig was nie, of vir meer as twee opeenvolgende dae sonder bewys van siekte of besering.
Hoewel die werker se regte beskerm word, moet jy onthou dat jy ook ʼn verpligting teenoor die werkgewer het. Die arbeidswetgewing is nie eensydig prowerknemer nie; dit stel net ʼn verwagting daar dat die werkgewer billik behandel moet word.
Sluit vandag by Solidariteit aan en geniet ‘n reeks voordele.