loading
avatar
Artikels
13 uur gelede
neem-jou-werk-toekoms-en-gemeenskap-verder-op-s

Fotokrediet: OkayDeer

Neem jou werk, toekoms en gemeenskap verder op S

Deur Leré Nel

Jou werklewe bestaan uit meer as ʼn salaris en ʼn posbeskrywing. Dit gaan ook oor waarheen jy op pad is, wat jy nog wil leer, wie jou ondersteun wanneer uitdagings opduik en oor wie die mense is met wie jy jou beroep deel.

S, Solidariteit se digitale bymekaarkomplek, bring praktiese hulpmiddels, geleenthede en ʼn Afrikaanse werksgemeenskap binne jou bereik. Of jy nou jou eerste werk soek, jou vaardighede wil ontwikkel of met ander beroepslui wil gesels, kan jy jou volgende stap op S neem.

Vier pilare vorm die grondslag van hierdie gemeenskap: werk, leer, beskerm en behoort.

Werk: Vind jou volgende geleentheid

Is jy op soek na ʼn nuwe uitdaging of probeer jy ʼn om ʼn voet in die deur vir ʼn bevorderingspos te kry?

Op S kan jy beskikbare poste verken, jou professionele profiel bou en jou CV gratis saamstel. Jy kry ook toegang tot hulpbronne soos die CV-gids en die Onderhoudgids om jou te help voorberei wanneer ʼn geleentheid sy opwagting maak.

Leer: Hou jou vaardighede skerp!

Die volgende stap in jou loopbaan kan by die aanleer van ʼn nuwe vaardigheid begin. Verken nagenoeg 150 aanlyn kursusse op S wat by jou beroep en doelwitte pas, of gebruik die hulpbronne in S se Studeerkamer om jou kennis uit te brei.

Die Afrikaanse KI-assistent, Klets, kan jou ook met algemene take en leerwerk ondersteun.

Beskerm: Ken jou regte in die werkplek

Vrae oor jou dienskontrak, diensvoorwaardes of ʼn moeilike situasie by die werk kan onsekerheid veroorsaak. Gebruik Aanlyn regshulp, jou arbeidsregsadviseur in KI-vorm op S, om vinnige, verstaanbare antwoorde op jou werkplekverwante vrae te kry en jou regte beter te verstaan.

Solidariteit-lede kan ook op S toegang kry tot gratis arbeidsregsadvies en -bystand en regsverteenwoordiging.

Behoort: Vind jou mense en bou aan jou gemeenskap

Dit help om met mense verbind te wees wat jou wêreld van werk verstaan. Sluit by jou beroepsnetwerkgroep of sektorgroep op S aan, neem deel aan gesprekke en deel jou kennis en ervaring. Hier kan jy by ander beroepslui leer en op hoogte bly van nuus, belangrike gebeure en geleenthede in jou beroep.

Begin vandag met één stap

Kry ondersteuning om jou loopbaan te ontwikkel, beskerming in die werkplek, toegang tot geleenthede om te leer en te groei, en word deel van ʼn gemeenskap van mense wat jou beroep verstaan.

Laai S af en vat jou werk, toekoms en gemeenskap verder op S!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-aanlyn.
Skep vandag nog jou profiel