Fotokrediet: OkayDeer
Gekopieër
Student, wat sê jou digitale voetspoor oor jou?
Deur Leré Nel
Sal jy daarmee gemaklik wees as jou toekomstige werkgewer sien wat jy vandag op sosiale media plaas? Dit is die moeite werd om dié vraag te vra voordat jy weer op “share” klik.
As student gebruik jy dalk Instagram om herinneringe te deel en LinkedIn om jou eerste professionele kontakte te maak. Maar sáám vertel jou plasings, kommentaar en foto’s op sosiale media ʼn groter storie oor jou. Dit vorm jou digitale voetspoor en kan deel word van die eerste indruk wat ʼn toekomstige werkgewer van jou kry.
S bied nuttige hulpbronne oor die regsimplikasies van sosiale media en hoe jy jou aanlyn teenwoordigheid verantwoordelik kan bestuur.
Wat sê jou profiel oor jou?
Jou aanlyn teenwoordigheid gee jou geleentheid om te wys wat jou belangstellings, vaardighede en prestasies is. ʼn Projek waarop jy trots is, iets wat tydens jou studie uitgestaan het, of jou betrokkenheid by ’n studentevereniging kan alles help om jou professionele beeld te verbeter.
Begin om na jou profiele deur die oog van ʼn buitestander te kyk. Is jou inligting op datum? Wys jou profiel waarmee jy besig is en waarin jy belangstel? En, die belangrikste vraag: Pas die inhoud wat jy op sosiale media deel by die beeld wat jy van jouself wil uitdra?
Selfs plasings van lank gelede kan deel word van die indruk wat ander van jou kry. Die internet vergeet nooit nie! Maak dus gereeld tyd om te gaan kyk na wat op jou profiele sigbaar is.
Dink verder as die plasing
Verantwoordelike sosialemediagebruik gaan ook oor ander mense se inhoud en privaatheid. Voordat jy iemand se foto, persoonlike inligting of werk deel, behoort jy ʼn bietjie stil te staan by wat jou verantwoordelikhede hieroor behels .
Weet jy watter regsaspekte ter sprake kan wees wanneer jy inhoud plaas of aanstuur?
Op S se Studentelewegroep kan jy meer oor dié onderwerp leer en kan jy uitvind wat jy moet oorweeg voordat jy iets op sosiale media deel.
Bou vandag reeds aan jou loopbaan
Jy hoef nie te wag totdat jy jou kwalifikasie verwerf het om jou professionele teenwoordigheid te ontwikkel nie. Die manier waarop jy nóú aanlyn deelneem, is reeds deel daarvan.
Op die Studentelewegroep kry jy praktiese wenke om jou LinkedIn- en Instagram-profiele verantwoordelik te bestuur. Jy kan ook met ander studente gesels en hulpbronne verken wat jou help om jou vir die werkplek voor te berei.
Gee vandag die eerste tree om jou digitale voetspoor doelbewus te bestuur!
Laai S af, sluit by die Studentelewegroep aan en verken die wenke oor sosialemediagebruik.