loading
Mediaverklarings
6 dae gelede
nog-n-loesing-vir-regering-oor-kubaanse-ingenieurs

Foto Krediet: Okay Deer

Nóg ʼn loesing  vir regering oor Kubaanse ingenieurs

Die hofuitspraak oor die Suid-Afrikaanse regering se onwettige aanstelling van Kubaanse wetenskaplikes en ingenieurs sowat vier jaar gelede, bly van krag.
Dit volg nadat die destydse minister van water, sanitasie en menslike nedersettings, Lindiwe Sisulu, se aansoek om verlof tot appèl deur die hof van die hand gewys is.
Die hooggeregshof het reeds vroeër vanjaar beslis dat die prosedure wat met die aanstelling van die Kubane gevolg is, gebrekkig was. Die beslissing het ook gemeld dat die aanstellings onnodig en oneties was, aangesien bekwame Suid-Afrikaners oor die hoof gesien is.
Anton van der Bijl, adjunkbestuurshoof van regsake by Solidariteit, sê die regering het voortdurend probeer om hierdie onreg te probeer regverdig, maar ook die appèl was nou onsuksesvol. 
“Alhoewel ons uiteraard verheug is oor die uitspraak het ons dit eintlik verwag. Die staat het in die naam van ʼn bedenklike politieke vriendskap met Kuba én in ʼn poging om politieke punte te wen, doelbewus besluit om die verkeerde ding te doen. 
“Die regering het geleer dat Suid-Afrika en sy mense wat swaarverdiende belastinggeld betaal eerste kom en dat hulle nie hierdie tipe vergrype gelate sal aanvaar nie,” het Van der Bijl gesê.
Solidariteit glo hierdie is ʼn reuse-oorwinning oor die regering se roekeloosheid. 
Die hooggeregshof het vroeër ook beveel dat Solidariteit se regskoste betaal moet word.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel