loading
Artikels
1 dag gelede
ontdek-n-nuwe-toekoms-waar-meriete-tel

Foto Krediet: OkayDeer

Ontdek ʼn nuwe toekoms waar meriete tel

In ʼn land waar die wette teen jou werk, bou Solidariteit ʼn stelsel wat vir jou werk. Lees meer hier.


Deur Leré Nel

Suid-Afrika het tans die mees rasgereguleerde arbeidsmark ter wêreld. Regeringsbeleid dwing maatskappye om poste op grond van ras te vul. Jy mag dalk die beste kandidaat wees – gekwalifiseerd, ervare, bereid om hard te werk – maar jy is die “verkeerde” kleur. Dít is die werklikheid waarin duisende mense hulself daagliks bevind. Maar hier is die goeie nuus: Solidariteit veg terug.

Jy word uitgesluit – maar ons sluit jou weer in

Hulle sê jy is te wit, te manlik, te Afrikaans. Hulle sê jy moet plek maak vir iemand wat die “regte” kleur of geslag is – ongeag of hulle jou werk so goed soos jy kan doen. Maar Solidariteit sê: Nee.

Ons sê: As hulle ons by die ekonomie wil uitsluit, skep ons ons eie geleenthede.

ʼn Werkfasiliteringsplatform wat slegs na meriete kyk

As hulle teen ons wil diskrimineer op grond van ras of geslag, sal ons bloot self werk skep en kry!

Dit is presies wat Solidariteit se werkfasiliteringsplatform sedert sy bekendstelling in September 2023 doen:

  • 9 881 poste is reeds geplaas.
  • 63 273 aansoeke is ingedien.
  • 12 821 CV’s is gelaai.
  • 3 206 werkgewers het reeds geregistreer – van kleinsakeondernemings tot groot werwingsagentskappe.
  • Meer as 51 000 mense regoor Suid-Afrika is aktief besig om werk te soek op die platform.

Hier maak jou velkleur nie saak nie. Hier kyk werkgewers na jou as ʼn bekwame persoon met vaardighede, talente, kwalifikasies en potensiaal – nie as ʼn statistiek of ʼn ongewenste boksie wat afgemerk moet word nie.

Werk op meriete ís nog moontlik

Elke persoon wat op hierdie platform ʼn geleentheid kry, bewys dat jy nie agteroor hoef te buig wanneer die regering belaglike wetgewing maak nie. As jy bereid is om te werk, is daar vir jou plek. Solidariteit is besig om ʼn nuwe ekonomie van hoop en selfstandigheid te bou – deur die gemeenskap, vir die gemeenskap.

Hoop vir jong werkendes in ʼn sukkelende ekonomie

Byna 1 000 internskappe is reeds geadverteer. Danksy die platform kry jong werkendes nie net blootstelling aan die werkplek nie – hulle kry ook ʼn voet in die deur. Administratiewe poste, tegniese werk, kantoorwerk – die platform is dinamies en omvattend. Daar is iets vir almal.

Dit is tyd om terug te veg

Solidariteit se Regsfonds stel ons regsdepartement in staat om rasgebaseerde wetgewing in die werkplek in die hof uit te daag. Solidariteit se werkplatform daag dit in die praktyk uit. Ons kla nie by die regering dat dit onregverdig is nie – ons doen dit self en doen dit reg.

Ons bou aan ʼn nuwe stelsel. ʼn Nuwe land. ʼn Nuwe toekoms – waar meriete tel.

Sluit aan by die stryd – bou saam aan die oplossing

Elke keer wat iemand ʼn profiel op ons werkplatform skep, is dit ʼn daad van verset teen diskriminasie. Elke keer wat ʼn werkgewer ʼn pos adverteer, is dit ʼn belegging in ʼn regverdiger toekoms. En elke suksesvolle aansoek is ʼn bewys dat hoop en volharding sterker is as haat.

Dis gratis. Dis doeltreffend. Dis merietegedrewe.

Skep vandag nog jou gratis profiel op Solidariteit. Sluit aan as ʼn lid.

Veg saam met Solidariteit – vir jou werk, jou regte, en jou toekoms. ʼn Vry, veilige en voorspoedige toekoms waar rasreëls en -beperkings jou nie raak nie.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel