Fotokrediet: Maroela Media | Facebook
Gekopieër
Plaas jou regskennisgewings en ondersteun só regstudente
Deur Leré Nel
ʼn Regskennisgewing kan meer doen as om bloot die publiek in te lig. Deur kennisgewings op Maroela Media se platform te plaas, kan regsfirmas ook bydra tot die opleiding van die regslui van die toekoms.
Dít is die geleentheid wat Solidariteit se Regsnetwerk en Maroela Media deur hul samewerking bied. Volgens Emil Glas, organiseerder van die Solidariteit Regsnetwerk, ontvang die Regsnetwerk-studiefonds ingevolge die huidige ooreenkoms 10% van die opbrengs van elke plasing wat firmas op Maroela Media se regskennisgewingsplatform maak. Dié studiefonds ondersteun behoeftige Afrikaanse studente wat ʼn LLB-graad wil verwerf.
Volgens Glas het 50 firmas reeds geregistreer om kennisgewings te plaas. Die Solidariteit Regsnetwerk moedig meer firmas aan om gebruik te maak van die diens. “Só kan firmas nie net hul administratiewe behoeftes afhandel nie, maar in die proses ook teruggee aan die gemeenskap,” sê hy.
Minder administrasie; alles op een plek
Die publikasie van regskennisgewings is vir baie firmas ʼn gereelde deel van hul werk. Boedelkennisgewings, kennisgewings aan skuldeisers en likwidasiekennisgewings is enkele voorbeelde. Wanneer verskillende diensverskaffers, e-posse en opvolgwerk betrokke is, kan die proses egter waardevolle tyd in beslag neem.
Maroela Media se Regskennisgewingsplatform bied egter ʼn aanlyn stelsel waar firmas hul kennisgewings gerieflik en maklik kan indien en die proses op een plek kan bestuur. Die diens bied ook blootstelling op ʼn gevestigde Afrikaanse mediaplatform met ʼn wye reik.
Gewone plasings is beskikbaar vanaf R400, BTW uitgesluit. Met R60 BTW ingereken, beloop dit R460 per plasing.
Firmas kan boonop hul Staatskoerant-plasings saam met hul gewone kennisgewings laat hanteer. Maroela Media neem die administrasie rondom dié plasings namens hulle waar, wat die behoefte aan afsonderlike reëlings verminder. Volgens Maroela Media is Staatskoerant-plasings vanaf R40, BTW uitgesluit, beskikbaar en word dit teen kosprys aangebied.
Elke plasing dra by tot die studiefonds
Die waarde van hierdie samewerking strek verder as die daaglikse werksaamhede van ʼn regsfirma. Dit skep ook ʼn manier waarop regslui deur hul bestaande publikasiebehoeftes tot toekomstige regslui se opleiding kan bydra – en sodoende tot die toekoms van die beroep as geheel.
Die Regsnetwerk-studiefonds word in samewerking met die Solidariteit Helpende Hand Studietrust bestuur. Die fonds het in 2026 drie Afrikaanse studente in staat gestel om Regte aan Akademia te studeer. Sonder dié ondersteuning sou hulle nie kon studeer nie.
As jy by ‘n regsfirma werk en jou administratiewe werk wil afhandel terwyl jy ook ‘n betroubare mediahuis én ‘n behoeftige regstudent ondersteun – moenie wag nie!
Besoek regskennisgewings.co.za en registreer jou firma vandag nog. Jou volgende plasing kan help om ʼn toekomstige regsgeleerde se studies moontlik te maak.