loading
avatar
Artikels
2 weke gelede
platform-vir-voortgesette-leer

Foto Krediet: OkayDeer

Skryf só in vir kursusse op Solidariteit

Welkom by Solidariteit se platform vir voortgesette leer! Dit is hier waar jy as Solidariteit-lid gratis toegang tot nagenoeg 150 kursusse het.

Sodra jy jou gratis Solidariteit-profiel op www.solidariteit.co.zageskep het en jou lidmaatskap daaraan gekoppel het, beland jy op die tuisblad waar jy ʼn hele wêreld van leer en werk ontdek. Klik hier om te lees hoe om ʼn profiel te skep indien jy nog nie een het nie.

Het jy geweet dat lede van Solidariteit kursusse heeltemal gratis kan voltooi? Om vir hierdie opleiding te registreer, is so maklik soos een, twee, drie!

Volg hierdie stappe om vandag nog met jou leerreis te begin:

Stap 1: Klik op die Leer-knoppie op die kieslys aan die linkerkant van die bladsy, en klik dan op “Kursusse” in die aftreklys.

Stap 2: Klik op die prentjie van die kursus waarvoor jy wil inskryf, deur die kursusnaam te soek of deur die verskillende kursusse te blaai.

Stap 3: Klik op “Voltooi die kursus”.

Stap 4: Klik op “Begin leer” om met die kursus te begin.

Stap 5: Klik op “Solidariteit-lede inskrywing” onder “Inskrywingsopsies” om vir die kursus in te skryf.

Baie geluk! Jy is nou vir die kursus ingeskryf en kan begin leer. Lees die inleiding van die kursus en volg die instruksies op die kursusblad om voort te gaan.

As jy nog nie ʼn lid van Solidariteit is nie, kan jy steeds ʼn profiel registreer en toegang kry tot die kursusse teen bekostigbare pryse, of klik hier om vandag nog ʼn lid te word en die kursusse gratis te voltooi.

Dit is jou kans om te begin leer, groei en jouself reg te posisioneer vir sukses.Leer jou toekoms oop, danksy Solidariteit!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel