
Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Raak ʼn bobaas verkoopspersoon met Solidariteit se kort- en langverkope kursusse
Deur Maryna Eksteen
Solidariteit, die grootste Afrikaanse netwerk van werk ter wêreld, bemagtig sy lede deur voortgesette leer en gehalte-opleidingsgeleenthede. Of jy nou pas in die verkoopsbedryf begin werk of reeds ʼn ervare verkoopspersoon is, Solidariteit se kort- en langverkope kursusse gee vir jou die gereedskap om uit te blink in ʼn mededingende verkoopswêreld.
Met Solidariteit se kortverkope kursus sal jy leer hoe om vinnig, resultaatgedrewe verkope met selfvertroue aan te pak. Ideaal vir aangesig-tot-aangesig of aanlyn verkope.
Die kursus fokus op die volgende areas:
- Die basiese beginsels van kortverkope.
- Die AIDCA-metode (Aandag, Belangstellings (‘interests’), Verlange, Oortuiging, Aksie) en hoe om kliëntegedrag te benut.
- Verkoopwenke en selfontwikkeling.
- Hoe om vinnig kontak met kliënte te bou en transaksies suksesvol af te handel.
Hierdie kursus stel jou in staat om oplossings en produkte te kontrakteer met selfvertroue en doeltreffendheid – ʼn kernvaardigheid vir enige vinnige verkoopsiklus.
Langverkope, aan die ander kant, vereis ʼn meer strategiese benadering.
Hierdie kursus fokus op:
- Die groter konteks en posisionering van verkope in ʼn strategiese mark.
- Hoe om jou besigheidsintelligensie te verbeter om kliënte beter te verstaan.
- Verkoopsinteraksies wat langtermynverhoudings bou, sluiting van ooreenkomste en die suksesvolle oorhandiging van oplossings.
Langverkope gaan oor die opbou van waardevolle kliënteverhoudings wat volhoubare besigheid bevorder, en bemarking speel ’n sleutelrol om jou onderneming strategies in die mark te vestig.
Die wêreldwye verkoopsarena is uiters mededingend. Slimtegnologie en innoverende oplossings dryf verkope na nuwe hoogtes, en bemarkingstrategieë is noodsaaklik om voor te bly. Solidariteit se kursusse gee jou praktiese kennis en vaardighede wat jou sal help om nie net aan te pas nie, maar om uit te blink.
Word deel van dié Afrikaanse netwerk van werk, en skryf in vir hierdie kursusse om jou volle potensiaal te ontsluit. Of jy nou jou loopbaan in verkope wil begin of jou bestaande vaardighede wil slyp, Solidariteit se kort- en langverkope kursusse is jou sleutel tot sukses.
Indien jy nog nie jou gratis profiel op Solidariteit geskep het nie, klik hier of koppel jou lidmaatskap hier om jou volle voordele te ontgin.