
Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Slyp jou verkoopsvaardighede — #VlymskerpVerkope wag!
Verkoopspersoon, voel jy hoe die jaag na teikens jou energie tap en jou fokus versplinter? Dan is dit tyd om jou prosesse opnuut te hersien en jou gesprekke met kliënte te transformeer in uitbeplande tree na sukses. Solidariteit se komende #VlymskerpVerkope‑webinaar is jou geleentheid om presies dít reg te kry. Lees hier meer:
Deur Ané Janse van Rensburg
Elke suksesvolle transaksie begin met ’n slim, deeglik beplande proses. Op 8 Mei 2025 om 13:00 bied Solidariteit se #VlymskerpVerkope‑webinaar vir verkoopspersone presies dít: ’n praktiese, vlymskerp plan om jou verkoopseende in ʼn ry te kry!
Gedurende hierdie tweede sessie van die reeks, gesels Francois Haarhoff, gesoute sakeleier, uitvoerende hoof en stigter van Quadrivium Solutions (moederhuis van Accrete CRM), oor die effektiewe strukturering van ʼn verkoopstrategie. Sy loopbaan lê vol bewese groei‑stories, van strategiese bemarking tot verkoopsbestuur en kliënteverhoudings.
Die fokus van die sessie is eenvoudig: hoe beplan en bestuur jy jou verkoopsprosesse sodat elke interaksie met ’n potensiële kliënt jou nader aan suksesvolle verkope bring? Francois neem jou stap vir stap deur die struktuur van ’n moderne verkoopstregter — van die eerste groet tot die laaste handdruk; asook hoe om gesprekke doelgerig te fasiliteer, hoe die opvolgproses werk en hoe jy deur sterk netwerke in jou beroep ʼn suksesvolle pad vir jouself kan baan.
Maak die #VlymskerpVerkope-webinaar deel van jou verkoopstrategie! Registreer nóú om jou plek te bespreek en wees gereed om jou verkoopsvaardighede vlymskerp te maak!