Foto Krediet: Solidariteit
Gekopieër
Raak ʼn Microsoft-foendi in ʼn japtrap
Deur Maryna Eksteen
Microsoft is aan die kern van baie werkplekke en dit het amper ʼn vereiste geword om ʼn kenner in die programmatuur te wees. Hoe maak jy as werkgewer wanneer die perfekte kandidaat in ʼn onderhoud voor jou sit en aan al die vereistes voldoen, maar nie Microsoft-vaardig is nie? Of dalk is jy die werknemer wat in die onderhoud sit en weet dat Microsoft moontlik tussen jou en die perfekte pos staan. Solidariteit het ʼn oplossing om te verseker dat werknemers en werkgewers hierdie hekkie kan oorkom.
Solidariteit bied ʼn omvattende kursus aan wat fokus op die noodsaaklike vaardighede vir kantoorpraktisyns om ʼn Microsoft-meester te word. Die kursus bestaan uit drie lesse en is nie beperk tot net kantoorpraktisyns nie.
Microsoft Word
Die eerste les skop af met Microsoft Word en leer kursusgangers die basiese beginsels van navigasie, selektering, die “Clipboard” en hoe om ʼn dokument te druk of te stoor as PDF. Daarna beweeg die les aan na formatering en style, kollyste en nommering, asook inkepings en spasies. Dit klink alles so ʼn bietjie volksvreemd, maar die kursus sal jou in ʼn japtrap Microsoft gereed maak. Tabelle is ook natuurlik iets wat nie net in Excel voorkom nie en daarom fokus die les op basiese tabelle, tabelontwerp, sortering en die toevoeging van beelde. Wanneer jy die bogenoemde onder die knie het kan jy fokus op jou bladsy se voorkoms soos rame, bladsybreke, kop- en voetstukke en afdelingsbreke. Grafieke, eksterne skakels, gevorderde style en tabelle, outomatisering en die vloei van ʼn dokument is alles vaardighede wat jou wêreld in Microsoft Word gaan oopbreek. Die les sluit dan af met verwysings en skakels soos beeldonderskrifte, geskakelde teksbokse, voetnotas en eindnotas. Klik hier om hierdie kursus by te woon.
Microsoft Excel
Die tweede les handel oor Microsoft Excel en fokus eers op die eenvoudige take soos hoe om ʼn dokument te benoem, druk en stoor. Daarna beweeg die les aan na die basis van invoering van tekste en basiese formules soos die invoering van selle, outomatisering van reeksinskrywings, gebruik van die “Clipboard” en aangepaste inperkings en spasies. Kursusgangers sal ook leer hoe om binne ʼn dokument en werksvel te werk met veelvuldige werkboeke, gevorderde kopieer en/of plak opsies, kolomme en rye, en spreitabelle. Vaardighede soos gevorderde formule-opsies, basiese funksies van ingeboude formules en formatering kan jou bo jou mededingers laat uitstaan. Die les sluit dan af met die druk van ʼn dokument, skoonmaak van data, data validering, kondisionele formatering en sortering van data. Jy kan hierdie kursus hier voltooi!
Microsoft PowerPoint
Laaste maar nie die minste nie fokus die kursus op Microsoft PowerPoint. Daar is niks wat in ʼn werknemer se guns kan tel soos ʼn mooi voorlegging nie. Wanneer jy vertroud is met Microsoft Word en Excel kan jy jou Microsoft-vaardighede afrond met die Microsoft PowerPoint-kursus. Dié kursus sal jou sommer aan die voorpunt van innoverende aanbiedings plaas wanneer dit by die voorbereiding van ʼn aanbieding kom. Hierdie kursus bestaan uit een module en bevat 20 omvattende video’s waarin jy sal leer hoe om nuwe aanbiedings te skep en te stoor, gebruik te maak van WordArt, kollyste en media wat jy self wil invoeg. Tabelle hou nooit op nie en daarom sal jy in hierdie kursus leer hoe om tabelle en grafieke in jou voorlegging in te voeg en skyfies uit Word op te stel. Maak gebruik van skakels in jou aanbieding en raak animasie baas sodat jou voorlegging altyd tred hou met die nuutste aanbiedingsneigings.
Leer jou toekoms oop met Solidariteit. Lees meer hier. Indien jy nog nie ʼn lid is van Solidariteit is nie, klik hier om onder ʼn minuut deel te word.