loading
Artikels
3 maande gelede
rassewette-in-suid-afrika

Foto Krediet: Verskaf

Rassewette in Suid-Afrika

Suid-Afrika is tans een van die mees rasgereguleerde lande ter wêreld. Die regering het meer as 100 rasgebaseerde wette geïmplementeer wat diskriminasie teen minderhede regverdig. Die beleid van Swart Ekonomiese Bemagtiging bevoordeel ‘n klein elite, maar het tot groter armoede en hoër werkloosheid onder die breë bevolking gelei.

Hierdie rassewette benadeel ook beleggings. ‘n Goeie voorbeeld hiervan is dat Elon Musk se Starlink nie in Suid-Afrika kan bedryf word nie, omdat dit nie aan die regering se vereistes vir swart aandeelhouding voldoen nie. President Ramaphosa het in 2025 aangekondig dat raswetgewing selfs verder verskerp gaan word, wat ‘n nadelige impak op die ekonomie en werkskepping het.

Die Solidariteit Beweging doen ‘n beroep op die regering om aan te dui hoe raswetgewing uitgefaseer gaan word, veral voor die komende G20-beraad in Johannesburg.

Die Solidariteit Beweging verskil met die ANC, maar is lief vir ons land. Ons besoek aan die VSA is om ‘n positiewe uitkoms vir ons land te vind. Dit vereis wel om druk op die ANC te plaas, aangesien hulle internasionale en nasionale beleid tot groot nadeel van ons mooi land en sy mense is.

Afrikaners bou steeds, werk steeds en dra steeds by ondanks die uitdagings wat ons in die gesig staar. Maar nou het ons jóú stem nodig om die wêreld te wys dat ons regte nie meer geïgnoreer kan word nie. Word deel van ons drukgroep en stuur jou stem na die Withuis! Klik hier

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel