loading
avatar
Artikels
11 uur gelede
regshulp-in-jou-hande

Fotokrediet: Okay Deer

Regshulp in jou hande

Deur Marisha Hermann

Stel jou voor: Dis al donker en jy sit steeds agter jou rekenaar. Jou lynhoof het dringend ʼn verslag nodig. Twee dae later gebeur dieselfde en jy besef die uitsondering het ʼn reël geword.

Gelukkig het jou kollega jou vertel van hul persoonlike Afrikaanse arbeidsregsadviseur. Jy registreer ʼn profiel op Solidariteit-aanlyn en vra die KI-assistent, Aanlyn Regshulp: “Hoeveel ure mag ek per week werk, en moet ek vir die ekstra ure betaal word?” Binne ʼn paar sekondes is die antwoord in jou hande, saam met praktiese raad. Nou kan jy die situasie met kennis en selfvertroue hanteer.

Betroubare Afrikaanse aanlyn regshulp

Het jy jouself al ooit in ʼn situasie by die werk bevind waar jy onseker is oor wat reg en verkeerd is of hoe om dit te hanteer? As ʼn Solidariteit-lid het jy gratis toegang tot ʼn Afrikaanse arbeidsregadviseur in KI-vorm. Indien jy nie ʼn Solidariteit-lid is nie, kan jy twee gratis vrae aan Aanlyn Regshulp stel.

Regshulp hoef nie ingewikkeld te wees of lank te neem nie. Dit hoef jou ook nie duisende rande vir ʼn eenvoudige vraag te kos nie. Onseker oor die bewoording in ʼn kontrak? Vra jou KI-regsadviseur. Onseker oor jou verlof? Vra jou KI-regsadviseur.

Jou privaatheid geniet hoë prioriteit, en daarom is dit vir Solidariteit belangrik dat jy jou regsverwante vrae in ʼn veilige omgewing kan stel. Die kenniskorpus van hierdie KI-assistent bestaan uit inligting wat deur Solidariteit nagevors is en is verder met betroubare inligting deur arbeidsregkenners gevoed om akkurate antwoorde en raad te bied.

Ken jou regte – gratis!

Soms is daar selfs inligting waarvan jy nie eers weet jy bewus moet wees nie. Aanlyn Regshulp op Solidariteit bied ook inligting aan wat vir jou interessant en relevant kan wees en waarvan jy in jou werkomgewing behoort kennis te neem.

Jy kan maklik in ʼn strik trap en jouself deur ʼn kontrak aan voorwaardes bind waarvan jy nie eens bewus is nie. As jy geweet het waarna jy moet oplet, sou jy dalk anders daaroor gedink het. Of jy pas begin werk het en of jy al elke hoek en kant van jou kantoor ken, enigiemand kan baat by ʼn persoonlike KI-regsadviseur.

Elkeen het die reg op goeie werk en beskerming in die werkplek. Hanteer situasies met die nodige kennis, selfvertroue en insig. Word vandag nog ʼn Solidariteit-lid en kry gratis toegang tot jou eie persoonlike Afrikaanse arbeidsregsadviseur.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-aanlyn.
Skep vandag nog jou profiel