loading
Artikels
10 maande gelede
rekenmeester-hier-is-jou-netwerk

Foto Krediet: OkayDeer

Rekenmeester – hier is jóú netwerk!

Deur Ané Janse van Rensburg

In die hedendaagse sakewêreld speel rekenmeesters ʼn kardinale rol in die bestuur en uitbouing van ondernemings. Om hierdie kritieke funksie effektief te vervul, benodig rekenmeesters toegang tot betroubare bronne wat ondersteuning en inligting bied.

Die Solidariteit Finansiesnetwerk bied presies dit, en speel ʼn sleutelrol in die versterking van rekenmeesters se praktyke. Ons gesels met Berrie Stoop, Rekeningkunde-dosent by Akademia en adviesraadslid van die Solidariteit Finansiesnetwerk, oor wat die werk van ʼn rekenmeester behels en hoe die Solidariteit Finansiesnetwerk die beroep ondersteun.

Volgens Stoop is dit nie so eenvoudig om die term “rekenmeester” te definieer nie, aangesien die veld so uiteenlopend is met elke tipe rekenmeester wat in sy of haar eie gebied spesialiseer. Volgens Stoop moet jy as rekenmeester jou kliënte met boedelbeplanning, trust-beplanning, begunstigdes, belasting, kontantvloeiprobleme en begrotings en so meer help. “Jy sorg egter nie net vir jou kliënte en hul families nie, maar jy sorg ook vir die onderneming se mense wat by jou werk.”

Die belangrikste ding van ʼn rekenmeester se werk, en dan eintlik finansies, is dus daardie omgee-faktor. “As ʼn eerstejaarstudent in my klas aankom, vra ek hulle gereeld wat hulle dink ʼn rekenmeester is. Die eintlike antwoord is dat jy ʼn finansiële sielkundige eerder as ʼn rekenmeester is. Jy sien die student elke jaar en jy bou ʼn verhouding met die student. Op die ou end strek die verhoudings wat jy deur die jare met studente opgebou het oor generasies en vorm jy eintlik ʼn netwerk,” sê Stoop.

Stoop sê verder: “Dis hoekom die Finansies Netwerk so belangrik is. Dis hiér waar rekenmeesters mekaar ontmoet en v mense in die onderskeie finansiële professies mekaar uithelp. Die Finansiesnetwerk is ʼn netwerk wat omsien na die beroepsgemeenskap in die finansiële bedryf. Sonder ʼn netwerk wat jou in jóú gemeenskap ondersteun, is jy geïsoleer. Jy gaan sukkel, nie net in jou beroep nie, maar ook om vir jou kliënte dié diens wat hulle verdien, te bied.’’

Rekenmeesters kan dikwels voor uitdagende situasies te staan kom waar hulle advies of tweede opinies benodig. Die Solidariteit Finansiesnetwerk bied aan sy lede toegang tot die kennis van ʼn netwerk van kundiges. Danksy sulke ondersteuning kan rekenmeesters vertroue hê in hul besluitneming en kan hulle die gehalte van hul dienste verbeter.

As lede van die netwerk kan rekenmeesters met ander professionele persone in die finansiële wêreld skakel. Daar is onder meer netwerkgeleenthede wat platforms vir rekenmeesters bied om hul kennis en ervarings met mekaar te deel wat tot waardevolle vennootskappe en samewerkingsgeleenthede kan lei. Om deel te wees van ʼn professionele gemeenskap is ook ʼn bron van morele ondersteuning, veral in ʼn beroep wat dikwels uitdagend en stresvol kan wees.

Lede van die netwerk kan ook hul profiel gratis gaan registreer op Solidariteit se platform. Dié platform bied ‘n wye reeks hulpbronne, insluitend navorsingsverslae, artikels, en praktiese gidse wat rekenmeesters kan gebruik om hul kennis te verbreed en ingeligte besluite te neem. Hierdie hulpbronne dek ʼn wye verskeidenheid onderwerpe, van die jongste regulatoriese veranderings tot nuwe tegnologieë wat die rekeningkundeveld beïnvloed.

Solidariteit speel ʼn onontbeerlike rol in die ondersteuning van rekenmeesters. Deur professionele ontwikkeling, toegang tot die kennis van kundiges, netwerkgeleenthede, uitgebreide hulpbronne en verskeie voordele aan lede te bied, help die netwerk rekenmeesters om hul praktyke te versterk en hul professionele doelwitte te bereik.

In ʼn beroep waar akkuraatheid en voortdurende leer van kritieke belang is, bied Solidariteit die nodige ondersteuning om rekenmeesters te help uitblink. Skep vandag nog jou gratis Solidariteit-profiel en skakel in by jou beroepsnetwerk!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel