
Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Slyp jou toekoms met dié regsslypskool
Deur Kyla-Ann du Toit
Die Solidariteit Regsnetwerk se slypskool berei jou voor vir die regspraktyk en help jou om vinnig die akademiese oogklappe af te haal.
Regstudente en kandidaatprokureurs begin reeds vroeg in die jaar met klerkskap-aansoeke, maar min besef hoe groot die gaping tussen die teorie en praktyk werklik is. Die realiteit is eenvoudig: Die regspraktyk wag nie vir jou handboekkennis nie. Dit is prakties, veeleisend en vereis vaardighede wat jy nie sommer in ʼn klaskamer leer nie.
Met die Solidariteit Regsnetwerk se slypskool kry jy ʼn voorsprong bo ander kandidate wat jy nie sommer elders gaan kry nie.
Van die handboek tot die hofsaal
Die Solidariteit Regsnetwerk se slypskool is ʼn unieke, Afrikaanse e-leerkursus wat vir jou ʼn deur na die regsberoep oopmaak. Die inhoud is saamgestel deur meesters in die veld. Bekende name soos advokaat Gerrie Nel, advokaat Greta Engelbrecht, Tanya Dempers, Bouwer van Niekerk en vele ander deel eerstehandse ervaring en praktiese raad sodat jy jou vaardighede betyds vir die praktyk kan slyp.
Hierdie kursus is meer as net teorie – dit is jou brug tussen die klaskamer en die hof.
Wat kan jy van die kursus verwag?
Hierdie aanlyn kursus is daarop gefokus om regstudente en kandidaatprokureurs prakties te bemagtig. Die beginsels en tegnieke wat in dié kursus vervat is, neem kandidate uit die handboek en klaskamer na die praktyk. Jy kry wenke ten opsigte van jou voorbereiding, administratiewe sake, hofvoorbereiding en die baie skryfwerk wat vir jou wag.
Die slypskool bestaan uit ses modules wat jou met praktiese vaardighede en insigte toerus:
- • Module 1: Kernbeginsels en verhouding
- • Module 2: Praktykbestuur
- • Module 3: Oorlewingshandleiding
- • Module 4: Konsultasiereëling en voorbereiding
- • Module 5: Saakanalise
- • Module 6: Professionele skryfwerk
Ná afloop van die kursus wag daar ook ʼn verrykende praktiese week op jou. Dié sessies is prakties, interaktief en bring jou nóg nader aan die wêreld van ʼn regspraktisyn.
Jy kan die volledige e-leerkursus voltooi en daarna het jy die opsie om die praktiese week by te woon. Solidariteit sal jou kontak oor die reëlings rondom dié week.
Die slypskool is heeltemal aanlyn, sodat jy dit kan voltooi waar en wanneer dit vir jóú werk. Hierdie kursus is ter waarde van R10 000, maar dit is gratis vir Solidariteit-lede. Indien jy nog nie ʼn lid is nie, het jy wel die opsie om die kursus te koop.
Wat sê jou mede-regspraktisyns?
- • “Hierdie kursus was baie insiggewend en ek het verskriklik baie geleer.”
- • “Dit lê ʼn goeie fondament om op te bou en berei jou voor vir wat om te verwag.”
- • “Baie goed uiteengesit. ʼn Mooi opsomming van wat in praktyk verwag word.”
Moenie wag tot jy in die diepkant ingegooi word nie. Klik hier om jou gratis profiel op Solidariteit te skep en begin vandag nog met die slypskool.
Slyp jou vaardighede en maak jouself praktykgereed!