loading
Artikels
1 jaar gelede
so-kan-tegnologie-jou-produktiwiteit-n-hupstoot-gee

Foto Krediet: OkayDeer

Só kan tegnologie jou produktiwiteit ’n hupstoot gee

Deur Ané Janse van Rensburg

Met ʼn werkplek wat lyk of dit deur tegnologiese vooruitgang oorweldig word, is dit nou ʼn gulde geleentheid om tegnologie te benut eerder as om die onbekende te vrees. Deur die tegnologie-bul by die horings te pak kan jy jou produktiwiteit by die werkplek ʼn ordentlike hupstoot gee!

In ʼn artikel wat op Forbes gepubliseer is, deel die blad ʼn paar wenke oor hoe jy tegnologie kan gebruik om meer produktief en tydslim in die werksplek te wees.

1. Samewerking en kommunikasie

Doeltreffende kommunikasie is die ruggraat van enige suksesvolle organisasie. Tegnologie maak dit moontlik om vinnig en onmiddellik te kommunikeer, ongeag die ligging van spanlede. Platforms soos Slack, Microsoft Teams en Zoom bied intydse boodskapstelsels, videovergaderings en gesamentlike werkruimtes wat dit makliker maak om met kollegas te skakel en saam te werk. Hierdie instrumente bevorder deurlopende samewerking en verminder die tyd wat aan e-posse en fisiese vergaderings bestee word.

2. Taakbestuur en organisasie

Die gebruik van taakbestuurprogramme kan die bestuur van projekte en take vereenvoudig. Programme soos Trello, Asana en Monday.com stel spanne in staat om take op ‘n visuele manier te organiseer, verantwoordelikhede toe te wys en vordering by te hou. Dit verseker dat almal bewus is van hul take en dat sperdatums nagekom word. Deur ’n gestruktureerde benadering tot taakbestuur te volg, kan werkvloei geoptimaliseer word, wat tot hoër produktiwiteit lei.

3. Outomatisering van jou alledaagse aanlyn take

Outomatisering is een van die doeltreffendste maniere om tyd te bespaar en produktiwiteit te verhoog. Sagteware soos Zapier en IFTTT (If This Then That) kan take soos data-invoer, e-posantwoorde en skedulering outomatiseer. Hierdie instrumente stel werknemers in staat om hul fokus na meer strategiese en kreatiewe werk te verskuif, wat tot ’n meer produktiewe werkomgewing bydra.

4. Data-analise en besluitneming

Data-analise-instrumente soos Google Analytics verskaf waardevolle insigte wat besigheidsbesluite kan lei. Deur data te analiseer kan maatskappye tendense identifiseer, prestasies monitor en vinniger en beter besluite neem. Hierdie datagedrewe benadering verbeter nie net produktiwiteit nie, maar verhoog ook die akkuraatheid van besluite.

6. Virtuele assistente

Virtuele assistente soos Siri, Google Assistant en Amazon Alexa kan roetine-take soos skedulering, onthounotas en navrae hanteer. Hierdie tegnologieë help om die werklading te verlig, wat dit vir werknemers moontlik maak om hul tyd beter te bestuur en groter fokus op belangrike take te plaas.

7. E-leer en vaardigheidsontwikkeling

Opleidingsprogramme en aanlyn kursusse kan werknemers help om nuwe vaardighede aan te leer en hul bestaande kennis op te skerp. Deur voortdurende leer aan te moedig kan maatskappye werknemers bemagtig om hul volle potensiaal te bereik.

Solidariteit bied ’n reeks aanlyn kursusse wat jy kan gebruik om seker te maak dat jy tegnologie op ʼn doeltreffende manier in die kantoor kan aanwend.

Microsoft Excel word in die meeste werkplekke gebruik, en jy kan baie doeltreffender werk as jy verstaan hoe om dit te gebruik. Verhoog verder jou produktiwiteit met template, indekse, tabelle en nog vele meer op die Microsoft Word-kursus.

Is die bou van ʼn voorlegging en die aanbieding daarvan deel van jou werk? Om ʼn aanbieding te lewer is stresvol genoeg. Met die voltooiing van die Microsoft PowerPoint-kursus kan jy seker maak dat jou skyfies tot die sukses van jou aanbieding bydra.

Die inleiding tot die Outlook-produktiwiteit-webinaar word deur Gerrit Cloete van Productivity Pitstop aangebied. Leer hoe om basiese kortpaadjies te neem, en maak vordering met die bestuur van jou e-posse. Lees hier meer oor hierdie kursusse.

8. Tydopsporing en analise

Tydopsporingsagteware soos Toggl en Clockify help werknemers om hul tyd doeltreffend te bestuur en te ontleed waaraan dit bestee word. Deur insigte oor tydsbestuur te verkry kan werknemers identifiseer waar verbeterings gemaak kan word en onproduktiewe gewoontes uitskakel.

Deur tegnologie strategies in die werkplek te gebruik kan maatskappye hul produktiwiteit aansienlik verhoog. Tegnologie bied talle metodes, van kommunikasie-instrumente en taakbestuurprogramme tot outomatisering en data-analise, waarmee jy met mag en mening die werkplek en allerdaagse take kan aandurf!

Skep vandag jou gratis Solidariteit-profiel en kry toegang tot leerkursusse, wenke en kunidge advies oor hoe jy jouself in jou werkplek kan bemagtig! 

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel