Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Solidariteit is elke werksoeker en werkgewer se geheime wapen
Deur Kyla-Ann du Toit
Dink net: Wat as jou volgende loopbaangeleentheid of topkandidaat net een klik weg is – en dit boonop gratis? Of jy nou werk soek of ʼn wenspan bou, Solidariteit se werkfasiliteringsplatform gee vir jou toegang tot ʼn wêreld van hulpbronne, netwerke en poste wat jou pad na sukses makliker en meer betekenisvol maak.
Solidariteit is ʼn werknemer se eerste stap na ʼn sterker en meer suksesvolle loopbaan, en ʼn beter en suksesvolle werwingsproses vir werkgewers. En die beste van alles is dat dit jou nie ʼn sent kos nie! Dit is nie net ʼn werkportaal nie, maar ʼn gemeenskapsprojek waar jy bemagtig word om werk te kry of werk te skep.
Werksoeker: bou aan jou toekoms
Om werk te soek was nog nooit so maklik en betroubaar nie. Met ʼn gratis profiel op Solidariteit kry werksoekers gratis toegang tot onder meer:
- • ʼn CV- en onderhoudgids om jou te help voorberei vir sukses;
- • onbeperkte poste waarvoor jy aanlyn aansoek kan doen;
- • WhatsApp- en Facebook-groepe waar wenke, video’s en inspirasie gedeel word; en
- • die Studeerkamer met gidse, videoreekse, template en ander hulpmiddels.
Of jy nuut in die arbeidsmark is of op soek is na ʼn nuwe uitdaging, hier is alles op een plek om jou loopbaanpad te versterk.
Werkgewer: kry toegang tot talent
Is jy op soek na werknemers wat jou taal praat, jou waardes deel en wat ʼn langtermynbelegging vir jou werkplek is? Danksy ʼn gratis Solidariteit-profiel kry werkgewers toegang tot onder meer:
- • gratis posadvertensies op ʼn betroubare platform;
- • aansoeke direk vanaf werksoekers;
- • bemarking van poste op WhatsApp, Facebook en LinkedIn; en
- • ʼn LinkedIn- en WhatsApp-groep met toegang tot artikels, wenke en geleenthede spesifiek gefokus op werkgewers.
Met Solidariteit aan jou sy bou jy nie net ʼn gehalte-span nie, maar jy bou ook aan ʼn selfstandige Afrikaanse gemeenskap. Klik hier om jou werkgewerprofiel te skep.
Jou (gratis) geheime wapen
Of jy nou op soek is na werk of nuwe talent vir jou werkplek, deur net eenvoudig jou profiel op Solidariteit te registreer kan jy gratis toegang tot waardevolle hulpbronne kry wat jou sal help om dít suksesvol te doen. Hierdie platform is gebou op die beginsels van gemeenskap, integriteit en toekomsgerigtheid. Dit gaan nie nét oor werk nie, maar ook oor gemeenskap, netwerke en ʼn suksesvolle toekoms.
Solidariteit is jou geheime wapen! Klik hier om vandag nog jou gratis profiel te registreer en neem die eerste tree na loopbaansukses!