Foto Krediet: Okay Deer
Gekopieër
Solidariteit aanvaar resolusies oor Bela
‘n Resolusie is tydens ‘n Bela-aksieberaad in Pretoria deur tientalle organisasies verteenwoordigend van die groter Afrikaanse gemeenskap aanvaar om hierdie dag van protes teen Bela se artikels oor taal- en toelatingsbeleid aan te kondig.
Lede van die organisasies, tesame met instellings van die Solidariteit Beweging, asook onderwysers en ouers gaan volgens beplanning op Dinsdag 5 November ‘n protesoptog in die hoofstad hou om bekommernisse oor Bela se aan die groot klok te hang.
Dié protesaksie tel onder verskeie resolusies wat aanvaar is by die beraad wat aangebied is deur Solidariteit, AfriForum en die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS). Klik hier vir die resolusie.