loading
avatar
Artikels
1 jaar gelede
solidariteit-beroepsnetwerke-adviesrade-vennoot-in-jou-beroep

Foto Krediet: OkayDeer

Solidariteit se adviesrade: vennoot in jou beroep

Die adviesraad van elke beroepsnetwerk is deel van die struktuur van die beroepsnetwerk. Só ʼn raad word saamgestel met die doel om die netwerk by te staan om besluite te neem wat die doelstellings van die netwerk bevorder en om geleenthede of leemtes te identifiseer waarop die netwerk kan reageer om sy lede se belange in die werkplek te bevorder.

Die adviesraad wil elke lid se vennoot op sy of haar individuele en unieke pad na meesterskap wees. Die adviesraad word aangestel om die ontwikkeling van die beroep te verseker en gaan in samewerking met die beroepsnetwerk werk om te verseker dat uitdagings wat in die beroep geïdentifiseer word op kreatiewe maniere opgelos word.

Die adviesraad is deel van die netwerk se struktuur en is saamgestel met die doel om die netwerk by te staan om besluite te neem wat die doelstellings daarvan bevorder en om geleenthede of leemtes te identifiseer waarop die beroepsnetwerk kan reageer om sy lede se belange in die werkplek te bevorder.

ʼn Adviesraad adviseer Solidariteit oor beroepsverwante aangeleenthede, onder meer oor:

  • bedreigings/hindernisse vir die betrokke beroep en die lede in die beroep;
  • • die ontwikkeling van geleenthede tot voordeel van die beroep en sy lede;
  • • voortgesette opleidingsbehoeftes;
  • • die ontwikkeling van beroepspesifieke voortgesette professionele opleiding;
  • • die evaluering van netwerklede se graderings op hul loopbaanpad en oor sake van beroepsbelang.

Adviesrade bied ook ondersteuning ter verwesenliking van die netwerk se doelstellings.

Voorts adviseer ʼn adviesraad Solidariteit-personeel oor die samestelling van ʼn beroepspesifieke loopbaanpad.

ʼn Adviesraad word saamgestel uit gekwalifiseerde persone wat reeds jare se ervaring in verskeie aspekte van hul professie het en wat weet wat dit verg om sukses te behaal.

#ElkeenHelpEen is iets groters as dit waaraan net ek en jy bou. Word vandag deel van jou Solidariteit Beroepsnetwerk en maak ʼn verskil in jou beroep. Klik hier.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel