loading
Artikels
1 maand gelede
solidariteit-bou-n-aanlyn-afrikaanse-werkgemeenskap

Foto Krediet: OkayDeer

Skep jou gratis profiel want #JyHoortHier!

Deur Maryna Eksteen

Solidariteit het ʼn reuse- aanlyn werkgemeenskap ontwikkel waar werkgewers en werksoekers bymekaar kan kom. Dit is ʼn gemeenskap waar jong mense die hulpbronne, ondersteuning en leiding kan kry wat hulle nodig het om hul loopbaandoelwitte te bereik. Dit is ʼn bymekaarkomplek vir dokters, maatskaplike werkers, onderwysers, ambagsmanne en vele meer.

Jy kan gratis gebruik maak van Solidariteit as ʼn deelnemer deur ʼn profiel te skep. Dit is jou eerste stap om deel van ʼn helpmekaargemeenskap te word waar jy vry, veilig en voorspoedig kan wees want #JyHoortHier.

Met jou gratis profiel kry jy die volgende voordele:

  • • Werkfasilitering – Doen aansoek vir werk in ʼn gemeenskap wat mekaar wil bystaan, of skep ʼn profiel vir jou organisasie en plaas jou poste in Afrikaans!
  • • Jongste verwikkelinge in die nuus van Solidariteit – Bly op hoogte van die jongste gebeure.
  • • CV bouer – Hierdie nuttige voordeel neem lede se reeds bestaande opleiding, werkgeskiedenis en ondervinding, en voeg dit saam in ʼn aanloklike Afrikaanse CV vir jou gebruik.
  • • Toegang tot Solidariteit se vriende en vennote – alles in een plek
  • • Toegang tot die hulpsentrum

Klik hier om te sien hoe jy jou gratis profiel kan skep.

Met jou Solidariteit-lidmaatskap kry jy toegang tot alles wat jou kan help om nie net goed te kan werk nie, maar ook om jou volle potensiaal te kan bereik.

ʼn Solidariteit-lidmaatskap gee vir jou toegang tot die volgende voordele:

  • Werkbeskerming – Solidariteit bied arbeidsregsadvies en -verteenwoordiging asook kollektiewe bedinging waar daar erkenningsooreenkomste is.
  • Werkfasilitering – Doen aansoek vir werk in ʼn gemeenskap wat mekaar wil bystaan, of skep ʼn profiel vir jou organisasie en plaas jou poste in Afrikaans!
  • • CV-bouer – Hierdie nuttige voordeel neem lede se reeds bestaande opleiding, werkgeskiedenis en ondervinding, en voeg dit saam in ʼn aanloklike Afrikaanse CV vir jou gebruik.
  • Voortgesette leer – Kry toegang tot meer as 60 aanlyn kursusse sodat jy jou volle potensiaal kan bereik.
  • • Beroepspesifieke voordele – Jy kry opleidingsgeleenthede, netwerkgeleenthede, toegang tot mentorskappe asook geleentheid om jong mense te help om hulself te ontwikkel en in die arbeidsmark te vestig binne jou beroepsnetwerk.
  • • Opstel van testament – Die gratis opstel en bewaring van testamente.
  • • Vakansievoordeel – Alle volopbetaalde Solidariteit-lede ontvang 20%-afslag by ons uitsoek-vakansieoord, Kokoriba.
  • Word ʼn mentor of wees ʼn mentee – Wees ʼn mentor vir iemand in jou beroep of word ʼn mentee.
  • • Begrafnisbystand – Omvattende begrafnisbystand wat jou gade of benoemde lewensmaat en afhanklike kinders van jonger as 21 jaar insluit.
  • • Toegang tot beroepsnetwerkgroepe – Neem deel aan ʼn netwerk vir jou spesifieke beroep; gesels saam, woon geleenthede by en ontvang groot afslag op opleidingskursusse.

Lees hier meer om die volledige aanbod te sien wat Solidariteit aan lede bied of klik hier om sommer vandag nog al jou voordele te ontsluit.

Dit is belangrik om seker te maak dat jy jou profiel ten volle voltooi om al die funksies wat Solidariteit vir jou bied te ontsluit. As hierdie inligting opgedateer is kan jy aansoek doen vir poste met jou profiel. Hoe meer inligting jou profiel bevat hoe beter is jou kanse om bo jou mededingers uit te staan. Indien jou inligting op jou profiel nie volledig is nie kan jy na die ronde ikoon, regs bo-aan jou profiel navigeer en op “verstellings” klik om jou inligting aan te pas of te voltooi.

Indien jy reeds ʼn lid van Solidariteit is, kan jy jou lidmaatskap koppel aan jou profiel om al jou voordele te ontsluit. Dit is so maklik soos: navigeer na die “Lidmaatskap”-opsie aan die linkerkant van jou profiel by die kieslys en klik op oorsig. Hier kan jy jou lidmaatskapnommer intik en siedaar! Jou lidmaatskap is gekoppel aan jou profiel. Nou hoef jy net terug te sit en jou voordele te geniet.

Raak tuis by Solidariteit en sê skaamteloos #JyHoortHier. Neem saam met Solidariteit jou toekoms in jou eie hande met ʼn benadering van minder staat en meer privaat.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel