loading
Artikels
6 dae gelede
solidariteit-bou-vir-jou-toekoms-want-jyhoorthier

Foto Krediet: OkayDeer

Solidariteit bou vir jou toekoms, want #JyHoortHier

Deur Maryna Eksteen

Te midde van onsekerheid en uitdagings staan Solidariteit as ʼn baken van hoop vir almal wat kies om in Suid-Afrika te bly en saam aan ʼn beter toekoms te bou. Ons geskiedenis wys dat ons as gemeenskap in die moeilikste tye kon oorleef en floreer, en nou – meer as ooit – het ons die geleentheid om ons toekoms in ons eie hande te neem. Solidariteit bou nie net instellings nie, ons bou ʼn toekoms vir jou én jou kinders.

Ons voorouers het gewys dat dit moontlik is om ʼn groot impak as ʼn klein groep te maak. Die bou van instellings wat die toets van die tyd deurstaan, is nie net ʼn stap in die regte rigting om ons gemeenskap te versterk nie, maar om ʼn nalatenskap vir toekomstige geslagte te skep. Dit is waarom Solidariteit instellings bou – om te verseker dat jy, jou kinders én jou kleinkinders die kans kry om om julle volle potensiaal hier in Suid-Afrika te kan bereik. Danksy die reeds bestaande opleidingsinstellings, Sol-Tech en Akademia, het Solidariteit reeds die fondasie gelê. Hierdie instellings bied aan jong mense die geleentheid om die nodige kennis en vaardighede vir hulself te bekom om as ʼn minderheidsgroep suksesvol in ʼn meerderheidsamelewing te floreer.

Die bou van die nuwe Akademia-kampus is een van die grootste projekte wat nog ooit deur die Afrikaanse gemeenskap aangepak is. Met ʼn totale begroting van meer as R3,1 miljard, is hierdie kampus ʼn monument van die toekoms wat ons kan bou wanneer ons as ʼn gemeenskap saamstaan. Teen 2028 sal fase een van hierdie ontwikkelingsprojek voltooi wees en ʼn tasbare bewys wees van die krag van saamwerk.

Deur te belê in projekte soos die nuwe Akademia-kampus of deur bydraes tot Solidariteit se Boufonds te maak, is meer as net ʼn finansiële belegging. Solidariteit glo #JyHoortHier en daarom bou ons aan ʼn volhoubare toekoms vir ons kinders. Dit is ʼn belegging in ons taal, ons kultuur en ons mense.

Hoewel ons nie verantwoordelik is vir die verval van nasionale instellings nie, is dit nou ons verantwoordelikheid om op te staan en te bou wat nodig is vir ʼn beter toekoms. Die oplossing lê by óns. Deur instellings te bou wat kan floreer, kan ons as Afrikaanse gemeenskap ʼn blink toekoms verseker.

Bly in Suid-Afrika, want hier ís ʼn toekoms vir jou. Solidariteit bou vir jou en jou nageslag, want #JyHoortHier! Klik hier om betrokke te raak by Solidariteit.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel