loading
avatar
Artikels
23 uur gelede
solidariteit-bring-werkgewers-en-werknemers-bymekaar

Foto Krediet: OkayDeer

Solidariteit bring werkgewers en werknemers bymekaar

Deur Kyla-Ann du Toit

Of jy nou werk soek of ʼn wenspan bou, Solidariteit se werkfasiliteringsplatform gee vir jou toegang tot ʼn wêreld van hulpbronne, netwerke en poste wat jou pad na sukses makliker en meer betekenisvol maak.

Solidariteit is ʼn werknemer se eerste stap na ʼn sterker en meer suksesvolle loopbaan, en ʼn meer doeltreffende werwingsproses vir werkgewers. En die beste van alles is dat dit jou nie ʼn sent kos nie!

Werksoeker: bou aan jou toekoms

Om werk te soek was nog nooit so maklik en betroubaar nie. Met ʼn gratis profiel op Solidariteit kry werksoekers gratis toegang tot onder meer:

  • • ʼn CV- en onderhoudgids om jou te help voorberei vir sukses;
  • • onbeperkte poste waarvoor jy aanlyn aansoek kan doen;
  • • WhatsApp- en Facebook-groepe waar wenke, video’s en inspirasie gedeel word; en
  • • die Studeerkamer, wat gidse, videoreekse, template en ander hulpmiddels bied – heeltemal gratis.

By Solidariteit glo ons elkeen verdien ʼn plek waar hul waarde raakgesien en hul toekoms gebou kan word. Of jy nuut in die arbeidsmark is of op soek is na ʼn nuwe uitdaging, hier is alles op een plek om jou loopbaanpad te versterk.

Werkgewer: kry toegang tot talent

Is jy op soek na werknemers wat jou taal praat, jou waardes deel en wat ʼn langtermynbelegging vir jou werkplek is? Danksy ʼn gratis Solidariteit-profiel kry werkgewers toegang tot onder meer:

  • • gratis posadvertensies op ʼn betroubare platform;
  • • aansoeke direk vanaf werksoekers;
  • • bemarking van poste op WhatsApp, Facebook en LinkedIn; en
  • • ʼn LinkedIn- en WhatsApp-groep met toegang tot artikels, wenke en geleenthede spesifiek gefokus op werkgewers.

Met Solidariteit aan jou sy bou jy nie net ʼn hoëgehaltespan nie – jy bou ook aan ʼn selfstandige Afrikaanse gemeenskap. Klik hier om jou werkgewerprofiel te skep. Onthou: ʼn Ketting is net so sterk soos sy swakste skakel.

Jou (gratis) geheime wapen

Of jy nou op soek is na werk of nuwe talent soek vir jou werkplek, deur bloot jou profiel op Solidariteit te registreer kan jy gratis toegang tot waardevolle hulpbronne kry wat jou sal help om sukses te behaal. Hierdie platform is gebou op die beginsels van gemeenskap, integriteit en toekomsgerigtheid.

Dit gaan nie nét oor werk nie, maar ook oor gemeenskap, netwerke en ʼn suksesvolle toekoms. Klik hier en registreer vandag nog jou gratis profiel.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel