loading
Artikels
1 jaar gelede
solidariteit-leer-jou-eenstop-tuiste-vir-voortgesette-leer

Foto Krediet: OkayDeer

Solidariteit Leer: Jou eenstop-tuiste vir voortgesette leer

Deur Maryna Eksteen

Kennis is mag en dit is iets wat niemand by jou kan wegvat nie. Dit is belangrik om te verstaan dat voortgesette leer vir jou deure in jou beroep kan oopmaak en jou op ʼn persoonlike vlak verder kan ontwikkel.

Na die Covid-19-pandemie het die beroepswêreld verander en voortgesette leer word vir werkgewers as noodsaaklik beskou. Die waarde wat jy as werknemer na die tafel toe bring, kan jou bo jou mededingers laat uitstaan en kan indiensneembaarheid op die lang termyn verseker. Die werkgewer sal baat by die heropleiding en vaardigheidsontwikkeling wat met voortgesette leer gepaard gaan om aan die arbeidsmagbehoeftes van die toekoms te voldoen.

Voortgesette lewenslange leer sit egter nie in enige persoon se broek nie en vereis baie selfdissipline. Dit is iets wat jy as persoon vrywillig moet doen met die doel om nuwe vaardighede aan te leer of professionele ontwikkeling te ondersteun. Voortgesette leer is dikwels op persoonlike vervulling of ʼn gevoel van prestasie gebaseer.

Solidariteit verstaan die waarde wat voortgesette leer vir jou as werknemer en werkgewer kan beteken en daarom is Solidariteit Leer gestig. Solidariteit Leer is ʼn opleidingsinstelling wat voortgesette professionele ontwikkeling vir persone aanbied wat hulleself in hulle beroep wil bemagtig. Die doel van die opleiding is om aan lede die geleentheid te bied om hul vermoëns en vaardighede tot só ʼn mate te ontwikkel dat hulle ʼn goeie werk kan kry en behou. Sodoende kan lede vry, veilig en voorspoedig lewe.

Solidariteit Leer fokus egter nie net op voortgesette professionele ontwikkeling (VPO) nie, maar ook op persoonlike en loopbaanontwikkeling deur seminare, kortkursusse, gespreksgeleenthede en e-leer waartydens relevante temas bespreek en aangebied word.

Solidariteit se strategie is om ʼn netwerk te skep wat vir jou opleidingsgeleenthede bied én jou help om werk te kry. Hierdie strategie is in die doelwitte en strategieë van al die Solidariteit Beweging-instellings tot ʼn eenheid verweef. Solidariteit Leer is deel van opleiding en gaan die werkersmag wat deur Akademia en Sol-Tech opgelei is, verder ondersteun.

Indien jy gereed is om jouself verder te bemagtig, klik hier en word deel van ʼn beroepsnetwerk. Wie weet, dalk is daar ʼn kursus op Solidariteit Leer wat jou liefde vir jou beroep weer aanwakker. Vir meer inligting oor die programme, of om daarvoor te registreer, besoek www.s-leer.co.za.

Jou toekoms is in jou hande.

 

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel