
Foto Krediet: Verskaf
Gekopieër
Solidariteit: ʼn Eenstopplek vir maatskaplike werkers
Deur Heléne Leonard
Jy as ʼn individu het ʼn betekenisvolle plek by Solidariteit, maar ons besef dat individue ook ʼn netwerk benodig om hulself en hul kennis saam met ander te ontwikkel en uit te brei. Solidariteit se beroepsnetwerke is presies vir hierdie doel geskep – ʼn omgewing waar mense in dieselfde beroepe saamkom om ʼn sterk netwerk te vorm.
Hierdie netwerk is nie net daar om jou beroep te bevorder nie, maar ook om ʼn gemeenskapsgevoel te skep waar jy tuis kan voel, met mense in jou beroep kan saamwerk en by kundiges in jou beroep kan leer. Hierdie gemeenskap spits hom daarop toe om jou beroep te beskerm, loopbaangeleenthede vir jong mense in die beroep te skep, die impak van politiek in die beroep te bekamp en praktiese oplossings vir die uitdagings eie aan die beroep te vind.
Solidariteit se Maatskaplikewerkersnetwerk
Solidariteit se Maatskaplikewerkersnetwerk is ʼn gemeenskap van maatskaplike werkers wat die beroep aktief beskerm deur wetgewing dop te hou om veranderinge wat maatskaplike werkers se belange raak betyds te identifiseer en daarop in te gaan. Die netwerk tree ook aktief op teen die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling (DMO) oor die manier waarop die departement die maatskaplike werkers in sy diens behandel en verseker só dat maatskaplike werkers regverdig hanteer word. Die Solidariteit Maatskaplikewerkersnetwerk is ook ʼn plek waar lede raad en geleentheid vir mentorskap (as mentors of as mentees) kan kry.
Daar is ook geleentheid om VPO-punte deur middel van voortgesette leer in Afrikaans te verwerf om só in jou beroep te vorder. Lees hier meer oor Solidariteit se Maatskaplikewerkersnetwerk.
As maatskaplike werker is jy die lig in donker tye vir mense, maar dit is óns taak om jóú te ondersteun sodat jy jou roeping kan uitleef. Maatskaplike werkers vervul ʼn onontbeerlike rol in gemeenskappe. Om ʼn maatskaplike werker te wees, beteken nie net om elke dag by die werk aan te meld nie, maar om jou werk met passie, omgee, geduld en vasberadenheid te doen.
Maatskaplike werkers bevind hulle dikwels in ʼn ondankbare posisie waar hulle gereeld heelwat kritiek en min erkenning vir hulle werk kry. Jy as maatskaplike werker moet ʼn positiewe invloed in ʼn omgewing maak wat polities gelaai is en ekonomiese uitdagings het, en waar nie almal altyd gewillig is om hulp te aanvaar nie.
Solidariteit se Maatskaplikewerkersnetwerk verstaan hierdie uitdagings en het spesifieke voordele en opleidingsgeleenthede ontwikkel om jou in jou dagtaak te ondersteun.
Solidariteit het nou ook ʼn werkplatform, bekend as Solidariteit, bekendgestel. Die doel van die platform is om ʼn Afrikaanse digitale ruimte te skep waar die positiewe krag van ʼn netwerk en ʼn gunstige werksomgewing ten volle benut word. Ons erken die uitdagings wat die gemeenskap in die verlede ondervind het en wil dit die hoof bied deur toegang tot digitale bronne en geleenthede tot maatskaplike werkers se beskikking te stel. So kan Solidariteit ʼn positiewe bydrae lewer tot ʼn voorspoedige toekoms vir die beroepsgemeenskap.
Ons nooi alle maatskaplike werkers hartlik uit om deel te word van hierdie opwindende beweging en om saam met ons aan ʼn toekoms te werk wat vry, veilig en voorspoedig is,. Help ons om hierdie toekoms te verwesenlik deur deel te word van Solidariteit – jou vennoot in jou beroep. Klik hier om vandag nog deel te word van die oplossing.