loading
Artikels
1 maand gelede
solidariteit-se-vaardigheidsbank-nuwe-hoop-vir-ambagslui-se-toekoms

Foto Krediet: OkayDeer

Solidariteit se vaardigheidsbank: nuwe hoop vir ambagslui se toekoms

Solidariteit het onlangs ʼn baanbreker-vaardigheidsbank van stapel gestuur om die ernstige vaardigheidstekorte in Suid-Afrika, veral in die openbare sektor, aan te pak. Hierdie projek is ’n direkte reaksie op die krisisse wat deur tekorte aan kundigheid veroorsaak word, en is gemik op groei en werkskepping in die land.

Volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gaan dit die grootste vaardigheidsmark in die land wees, met die oog daarop om tekorte ten opsigte van vaardighede, hoofsaaklik in die openbare sektor maar ook in die privaat sektor, te vul.

’n Groot fokuspunt is die geweldige tekort aan ingenieurs en ambagslui in Suid-Afrika, soos elektroniese ingenieurs, meganiese ingenieurs, siviele ingenieurs, meulmakers, elektrisiëns, loodgieters, sweisers en alternatiewe-energie-installeerders, wat noodsaaklik is vir infrastruktuurontwikkeling en onderhoud. Wat ambagslui betref, is die tekort deels die gevolg van ʼn gebrek aan waardering en ondersteuning vir hierdie ambagberoepe, veral in die Wes-Kaap.

In plaas daarvan om hierdie beroepe te bevorder, is hulle dikwels geïgnoreer, wat gelei het tot ’n afname in mense wat hierdie loopbane volg. Dit is ʼn ernstige probleem, aangesien ʼn gesonde ambagbedryf die ruggraat van enige ekonomie vorm.

Solidariteit se vaardigheidsbank het ten doel om mense met skaars vaardighede te bemagtig om hulle CV’s in hul betrokke beroep of spesialiteit op te laai en aan werkgewers beskikbaar te stel. Werkgewers kan sodoende toegang verkry tot persone wat oor hierdie skaars vaardighede beskik met die doel om hulle in diens te neem. Klik hier om jou CV op die vaardigheidsbank te laai. Let wel, om jou CV hier op te laai, verseker jou nie van ʼn aanstelling nie.

Solidariteit se nuwe inisiatief is ʼn welkome poging om die land se vaardigheidskrisis die hoof te bied en om ambagslui die erkenning te gee wat hulle verdien. Klik hier om meer te lees oor Solidariteit se reuseprojek vir vaardighede op alle regeringsvlakke. So baie van ons ingenieurs ambagslui gaan oorsee, en Suid-Afrika word ʼn uitvoerder van talent. Raak tuis by Solidariteit se Ambagnetwerk; jou vaardighede is skaars en gaan nie ongemerk verby nie, want  #JyHoortHier!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel