
Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Solidariteit stel landboukursusse bekend
In Suid-Afrika is landbou meer as ʼn beroep – dit is ʼn lewenswyse. Dit raak al hoe meer noodsaaklik vir boere en kleinskaalse boere om nuwe tegnologieë met landboukennis en -vernuf te verweef om ʼn volhoubare model vir boerdery te skep. Hier is twee nuwe kursusse wat gratis aangebied word vir lede. As jy in die landbousektor werksaam is, is dit twee kursusse wat jy moet volg! Lees meer hier.
Deur Nico Strydom
Met die opkoms van nuwe tegnologieë verander die landbouwêreld vinnig, en volhoubare boerdery word al hoe belangriker.
Om in hierdie nuwe era van landbou te oorleef, moet boere toegang hê tot die jongste inligting en kennis dra van verwikkelinge in die sektor en daarom het Solidariteit twee nuwe landboukursusse bekend gestel.
Die landboubedryf speel ʼn kernrol in die land se ekonomie en werkverskaffing en is Suid-Afrika se kosspens wat die land en sy mense voed. Solidariteit se landboukursusse gee jou toegang tot moderne kennis en tegnologie – en dit alles in jou eie taal!
Veerkragtigheid en volhoubaarheid van kleinboerdery
Hierdie kursus is ontwerp om jou te bemagtig met die kennis en praktiese gereedskap om uitdagings te oorkom, die impak van klimaatverandering te bestuur en volhoubare groei te bereik. Jy sal leer hoe om beter te beplan, hulpbronne doeltreffend aan te wend en praktiese oplossings te implementeer wat jou boerdery volhoubaar en winsgewend maak.
Hierdie kursus dek die volgende onderwerpe:
- • die bewaring van saad en plantteling
- • die benutting van hernubare energiebronne
- • die ontwikkeling van strategieë vir risikobestuur
Hierdie kursus is geskik vir bestaande boere, entrepreneurs en enigeen wat passievol is oor volhoubare landboupraktyke.
Die beginsels van permakultuur vir klein plase
Hierdie kursus bied ʼn omvattende gids om volhoubare en regeneratiewe stelsels te skep wat in harmonie met die natuur werk. Daar word gefokus op kernbeginsels soos waterbestuur, biodiversiteit en grondherstel, asook die praktiese gebruik van permakultuurtegnieke soos deklaagbewerking, voedselwoude en selweiding.
Met permakultuur leer jy hoe om nie net hulpbronne te bewaar nie, maar om dit aktief te verbeter – van grondgehalte tot ekologiese balans. Of jy ʼn beginner of ʼn ervare boer is, hierdie kursus bied jou die gereedskap om volhoubare veranderinge te maak wat jou plaas produktief en selfonderhoudend maak.
Hierdie kursusse is gratis vir Solidariteit-lede.
ʼn Aanlyn landbougemeenskap
Solidariteit se sektorgroep vir landbou is ʼn aanlyn gemeenskap vir entoesiaste en professionele persone in die Suid-Afrikaanse landbousektor. Netwerke is noodsaaklik vir sukses in die Suid-Afrikaanse landbousektor, waar landbou meer as net ʼn beroep is – dit is ʼn lewenswyse wat steun op die kennis en ondersteuning van ʼn hegte gemeenskap.
Hier kom boere en werkers uit elke uithoek van die landboubedryf soos familie bymekaar en kry jy toegang tot geselsforums waar ervare mense hul kennis deel, opleidingsgeleenthede waardeur jy kan groei, en mentorskapprogramme waardeur jy ander met jou ondervinding en kennis kan ondersteun. Boonop ontvang jy die jongste nuus, video’s en inligting oor werksgeleenthede.
Skep jou gratis Solidariteit-profiel en word deel van ʼn gemeenskap wat saamwerk aan ʼn voorspoedige en gelukkige toekoms! #JyHoortHier!