loading
Artikels
6 dae gelede
solidariteit-veg-vir-jou-en-jou-toekoms-in-suid-afrika-want-jyhoorthier

Foto Krediet: OkayDeer

Solidariteit veg vir jou én jou toekoms in Suid-Afrika, want #JyHoortHier!

Deur Maryna Eksteen

Suid-Afrika staan op ʼn keerpunt. Die uitdagings wat ons in die gesig staar – of dit nou die ekonomie, werkloosheid, korrupsie of die regering se rasbehepte beleide is – is groot. Dit is dus maklik om te dink die antwoord lê oorsee. Ek wil jou egter aanmoedig om te bly, want daar is hoop, en Solidariteit is die rede vir daardie hoop!

Solidariteit veg vir jou regte, vir geregtigheid en vir ʼn toekoms waar ons en ons kinders vry, veilig en voorspoedig kan werk, leer en leef.

Sedert sy stigting het die Solidariteit Regsfonds nie net daarop gefokus om die belange van sy lede te beskerm nie, maar ook om die regering se vergrype te beveg en op te tree teen onregmatige beleide wat ons toekoms bedreig. Die Regsfonds het Solidariteit in staat gestel om sake teen staatsinstellings soos Denel, Eskom en die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (HPCSA)suksesvol aanhangig te maak, asook om ons gemeenskap teen rasmalheid en korrupte praktyke te beskerm.

Dink byvoorbeeld aan die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV). Hierdie stelsel is niks anders as ʼn ramp vir ons land se gesondheidsorg nie. Solidariteit het egter reeds hofstukke teen die regering beteken om hierdie onuitvoerbare plan te beveg. Dit is mense soos jy wat ons mediese vryheid en keuses help beskerm deur Solidariteit te ondersteun.

Solidariteit het ook groot oorwinnings behaal teen regstellende aksie en beleide vir swart ekonomiese bemagtiging (SEB) wat mense op grond van ras uitsluit. Solidariteit se stryd teen die departement van toerisme se diskriminerende toerisme-ekwiteitsfonds het gewys dat ras nie die maatstaf moet wees vir wie hulp ontvang in ʼn land wat deur armoede en werkloosheid geteister word nie. Hierdie oorwinnings skep hoop dat die toekoms vir elke Suid-Afrikaner, ongeag ras, op meriete gegrond kan word.

Ons stryd is nie net plaaslik nie. Solidariteit het ook met behulp van die Regsfonds die Suid-Afrikaanse regering ingevolge die Internasionale Konvensie oor die Uitskakeling van Alle Vorme van Rassediskriminasie (ICERD) by die Verenigde Nasies aangekla oor rassediskriminasie. Hierdie tipe internasionale druk wys dat die stryd om Suid-Afrika te red nie net plaaslik geveg word nie, maar ook wêreldwyd, want ons glo dat jy hier hoort.

Solidariteit het ook op 18 Mei 2021 hofstukke beteken oor die invoer van Kubaanse ingenieurs vir waterinfrastruktuurprojekte in Suid-Afrika. Pleks dat die regering Suid-Afrikaanse ingenieurs vir hierdie projekte aanstel, het hulle voorkeur aan Kubaanse ingenieurs gegee – ʼn absurde besluit as jy in ag neem dat Kuba sukkel om sy eie waterprobleme op te los. Solidariteit het teen dit opgestaan en argumenteer dat Suid-Afrikaners eerste vir werksgeleenthede in ons land oorweeg moet word. Hierdeur wys Solidariteit dat hulle daar is om jou en jou toekoms te beskerm, want #JyHoortHier.

Dit is maklik om moedeloos te raak en om te voel dat jy liewer moet oppak en na ʼn ander land moet trek waar dinge beter lyk. Suid-Afrika het jou egter nodig. Dit is hier waar ons familie, ons kultuur, ons herkoms en ons toekoms lê. Solidariteit veg elke dag om hierdie toekoms te beskerm en om te verseker dat ons kinders in ʼn land kan grootword wat nie deur ras en korrupsie oorheers word nie.

Sluit aan by Solidariteit – ons het ʼn toekoms waarvoor ons moet veg, want #JyHoortHier.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel