Afrikaans

English

loading
avatar
Mediaverklarings
4 uur gelede
solidariteit-verwelkom-verlenging-van-kommentaartydperk-vir-bela-regulasies

Fotokrediet: Verskaf

Solidariteit verwelkom verlenging van kommentaartydperk vir Bela-regulasies

Solidariteit verwelkom die Departement van Basiese Onderwys se besluit om die openbare kommentaartydperk vir drie stelle konsepregulasies met 30 dae te verleng.

Die verlenging geld vir die regulasies oor die Nasionale Onderwysinligtingstelsel, onderwyserontwikkeling en artikel 38A wat in Augustus in die Staatskoerant gepubliseer is.

Die verlenging volg ook nadat Solidariteit in ’n skrywe aan die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, spesifiek versoek het dat meer tyd vir openbare kommentaar toegestaan word.

“Ons verwelkom die minister se besluit om gehoor te gee aan die versoek. Hierdie regulasies het verreikende gevolge vir skole, onderwysers en skoolgemeenskappe.

“Dertig ekstra dae bied belanghebbendes ’n beter geleentheid om die regulasies behoorlik te bestudeer en sinvolle kommentaar te lewer,” sê Johnell Prinsloo, onderwysnavorser verbonde aan die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI).

Die verlenging is nie van toepassing op die konsepregulasies oor beheerliggaamverkiesings nie, wat met die oog op die 2027-verkiesings gefinaliseer móét word.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-aanlyn.
Skep vandag nog jou profiel