loading
Mediaverklarings
10 uur gelede
solidariteit-verwelkom-verligting-wat-rentekoersverlaging-meebring

Foto Krediet: Verskaf

Solidariteit verwelkom verligting wat rentekoersverlaging meebring

Solidariteit verwelkom die besluit van die Reserwebank se monetêre beleidskomitee om met ʼn rentekoersverlagting van 25 basispunte broodnodige verligting aan huishoudings reg oor die land te bring.
“Hierdie rentekoersverlaging is heel waarskynlik nog nie genoeg om die ekonomie weer behoorlik aan die gang te kry nie, maar almal wat huis- en motorpaaiemente afbetaal, sal darem ʼn mate van verligting voel.
“Ons het gehoop vir ‘n verlaging van minstens 50 basispunte, maar ons is vol vertroue dat die reserwebank met sy volgende sitting nog verlagings sal aankondig. Ons hoop dit is die begin van ʼn langer siklus van rentekoersverlagings sodat die beskikbaarheid van meer besteebare inkomste ekonomiese groei in Suid-Afrika kan dryf,” sê Theuns du Buisson, ekonomiese navorser verbonde aan die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI).
Volgens Du Buisson wil dit voorkom of inflasie tog wel nou onder beheer is.
“Hopelik sal die land se finansiële owerhede nou besef hoe die uiters belangrike doelwit van inflasiebeheer nie die enigste doelwit is nie. Ekonomiese groei, gedryf deur laer rentekoerse, is nou nodiger as ooit om werk te skep en armoede te verlig,” sê hy.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel