loading
Artikels
1 week gelede
solidariteit-vier-mylpaal-met-platformtegnologie

Foto Krediet: OkayDeer

Solidariteit vier mylpaal met platformtegnologie

Deur Marné Pienaar

In September 2023 het Solidariteit ʼn revolusionêre aanlyn platform bekendgestel. Nou, ʼn jaar later, vier Solidariteit die eenjaarmylpaal van sukses.

Solidariteit is ʼn eenstopplatform vir werk en leer en is ontwerp om gebruikers en lede deur elke fase van hul loopbaan te ondersteun – van skooljare tot hul professionele lewe. Dit stel mense in staat om hul eie toekoms te vorm deur werkgeleenthede, voortgesette leer en persoonlike ontwikkeling op ʼn moderne, toeganklike manier te benut.

Solidariteit glo dat elkeen wat wíl werk, moet kán werk, en dit beteken dat ons self die geleenthede gaan skep. Werk is die hart van Solidariteit, en ons glo daardeur kan ons ʼn vry, veilige en voorspoedige toekoms bou.

Wat bied Solidariteit?

Solidariteit se aanlyn platform bied ʼn uitmuntende werkfasiliteringsdiens. Hierdie diens stel lede in staat om poste te adverteer en aansoeke in te dien – slegs met die druk van ʼn paar knoppies!

Bou jou CV op die platform en doen met jou profiel aansoek vir poste.

Of jy nou ʼn vakman is of ʼn prokureur, Solidariteit verbind jou met geleenthede wat jou loopbaan kan bevorder.

Die Vaardigheidsbank wat ʼn splinternuwe toevoeging tot hierdie aanbod is, fokus daarop om hoop te skep vir ambagslui en om die vaardigheidstekort, veral in die openbare sektor, die hoof te bied. Lees meer hier.

Solidariteit bied aan sy lede toegang tot 130 gratis kursusse vir voortgesette leer wat spesifiek ontwerp is om mense in hul werk te bemagtig. Hierdie kursusse dek ʼn wye verskeidenheid onderwerpe en help om jou vaardighede op te skerp sodat jy relevant en mededingend in jou beroep kan bly. Deur kennis as ʼn magtige hulpmiddel te beskou, wil Solidariteit sy lede inspireer om voortdurend te leer en te groei. Klik hier om meer uit te vind.

Solidariteit ondersteun jongmense ook op skoolvlak met hulpmiddels en riglyne om akademiese sukses te behaal, wat hul basis vir latere loopbaansukses versterk.

So bied Solidariteit My Hoërskoolpad wat leerlinge se padkaart deur al die vrae, uitdagings en geleenthede van hoërskoollewe is. Die Belangstellingsbepaler help skoliere om hul loopbaankeuses te maak, en Solidariteit-lede kan gebruik maak van Loopbaanvoorligting, met ander woorde psigometriese toetse, om verdere hulp te verleen.

Beroepe van die toekoms is ʼn innoverende nuwe toevoeging tot “My Hoërskoolpad”. Dit beskryf unieke beroepe wat vandag nog nie bekend is nie en toon die geleenthede wat die toekoms inhou.

 ʼn Splinternuwe aanbod op Solidariteit is gemik op studente wat hul akademiese pad saam met Solidariteit wil stap. Hierdie afdeling bied aan studente ondersteuning om hul studentelewe beter te navigeer terwyl hulle voorberei word vir die werksmark. Hier word studente aangemoedig om hul stemme te vind, hulle word bemagtig om hul studie te bemeester en hulle verkry waardevolle bronne om voorbereid te kan wees vir werk. Dit is ʼn waardevolle hulpmiddel vir studente wat leiding soek, nie net akademies nie, maar ook in hul toekomstige loopbane.

Solidariteit verstaan ook die menigte uitdagings wat jong werkendes in die oë staar. Lede onder 25 jaar kry afslag op lidmaatskap en geniet byna al die voordele wat volwaardige Solidariteit-lidmaatskap bied.

Hierdie afslag is ʼn manier om jongmense te bemagtig en te ondersteun in die vroeë stadiums van hul loopbane. Elkeen behoort toegang te kry tot die nodige raad en hulp in hulle beroepe, en die Solidariteit-lidmaatskap vir jong werkendes bemagtig jou om te weet wat jou regte in die werkplek is, gee vir jou toegang om die gaping tussen akademiese kennis en werkservaring met kursusse vir voortgesette leer te oorbrug, en bied mentorskappe om waarlik in jou beroep te kan floreer.

Ons kyk terug na ʼn jaar, nie net van sukses nie, maar ook van seën. Solidariteit glo dat elke mens sy/haar roeping van die Here ontvang. Ons sal mense help om hulle roeping voluit na te streef. Die Here voorsien ook ʼn toekoms daar waar Hy ons roep. 

Solidariteit se netwerkplatform baan die weg om die toekoms met albei hande aan te pak en met selfvertroue aan te gryp, hier in ons pragtige land.

Skep jou gratis profiel op Solidariteit, want #JyHoortHier.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel