loading
avatar
Artikels
1 dag gelede
jongwerkende-grootmens101-saam-met-solidariteit

Foto Krediet: OkayDeer

#JongWerkende – Grootmens101 saam met Solidariteit

Jong werkende: Welkom by Grootmens101 saam met Solidariteit! Hier kry jy toegang tot ʼn hele reeks praktiese hulpbronne wat jou help om te leer, te groei en jou toekoms met groter sekerheid aan te pak. Van CV-bouers en mentorskapprogramme tot belastinggidse en nog vele meer – jy hoef nie die grootmenswêreld alleen aan te durf nie.

Die sprong van student na ʼn voltydse werk is rof. Skielik moet jy salarisse, belasting, kontrakte en loopbaankeuses alles tegelyk baasraak, én dan moet jy ook nog aan jou toekomstige studies dink! Dit is presies waar Solidariteit se #JongWerkende-lidmaatskap kan help:: Dit is jou praktiese beginpakkie vir die werklikheid ná skool of universiteit.

Vir slegs R102 per maand kry jy met #JongWerkende toegang tot:

  • ʼn Gratis aanlyn werkfasiliteringsplatform – om na jou eerste werk te soek was nog nooit so maklik nie!
  • Beroepsnetwerke – skakel in by ʼn beroepsgemeenskap in jóú veld, ontmoet kennisse in jou bedryf en bly op hoogte van nuwe geleenthede.
  • Mentorskapprogramme – leer by kundiges in jou beroep wat reeds deur die leerproses is, sodat jy nie dieselfde foute hoef te maak nie.
  • CV- en loopbaanhulp – laat jou CV uitstaan met Solidariteit se professionele CV-bouer en leer hoe om werkonderhoude vol selfvertroue aan te pak.
  • Solidariteit Leer – met ʼn #JongWerkende-lidmaatskap kry jy toegang tot nagenoeg 150 aanlyn kursusse. Só kan jy aanhou om jouself te bemagtig, sonder om ʼn plaas se prys te betaal.
  • Afslag by Akademia – het jy ʼn rede gesoek om aan te hou studeer? Met ʼn #JongWerkende-lidmaatskap kry jy 20%-afslag op jou eerste jaar van studie.
  • Vakansievoordele – geniet ʼn welverdiende, bekostigbare blaaskans by Kokoriba of Bosbokstrand (B’s & V’s geld). Net omdat jy ʼn beginsalaris verdien, beteken dit nie jy kan nie steeds vakansie hou nie!
  • Belangstellingsbepaler – kry toegang tot hierdie hulpmiddel wat jou sal help om die volgende stappe in jou loopbaan uit te pluis.
  • Arbeidsregsbystand en regsadvies – as iets in die werkplek skeefloop, staan Solidariteit se regspan agter jou.

Solidariteit beskerm jou regte in die werkplek, maar ons doen ook soveel meer. Ons stap die grootmenspad saam met jou en help jou om hierdie opwindende en onsekere beginfase van jou loopbaan met selfvertroue te navigeer.

Jy hoef nie die werkwêreld alleen aan te pak nie. As jy wil hê Solidariteit moet namens jou as jong werkende veg, sluit hier aan!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel