loading
Artikels
1 jaar gelede
solidariteit-werk-bemagtig-werkgewers

Foto Krediet: Verskaf

Solidariteit bemagtig só werkgewers

Deur Ané Janse van Rensburg

Werk is die hart van Solidariteit, en werkgewers die hartklop wat dit moontlik maak dat ons kan werk. Solidariteit se gratis werkplatform is geskep vir beide werkgewers en werknemers om werksoek en werkgee, makliker en vinniger te maak.

Solidariteit bied aan jou as werkgewer ʼn Afrikaanse tuiste waar jy gratis werksgeleenthede en beskikbare poste kan adverteer vir ʼn aktiewe werksmag wat reeds hul CV’s beskikbaar gestel het. Dié gebruikersvriendelike platform laat jou toe om moeiteloos poste op te laai en aansoeke te bestuur, en die beste is, dit is alles gratis en in jou taal!

Solidariteit het ʼn driestap-proses ontwikkel waarvolgens jy poste kan adverteer:

  1. 1. Registreer jou organisasie se profiel op Solidariteit se platform en raak deel van die grootste aanlyn werkgemeenskap. Volg hierdie skakel om die proses af te skop.
  2. 2. Voltooi jou profiel deur jou organisasie se besonderhede en inligting in te vul. Hierdie beskrywing gee aan werksoekers ʼn beter idee van jou maatskappy.
  3. 3. Sodra jy jou profiel geregistreer het, laai ʼn pos op die platform en besigtig moontlike kandidate. Klik hier om ʼn pos te laai met jou geregistreerde profiel.

Solidariteit is ook ʼn platform wat vir jou organisasie die geleentheid bied om terug te ploeg in die gemeenskap deur jong mense en potensiële werknemers te bemagtig. Addisionele geleenthede soos skaduwerk ondervinding, vakansiewerk, gemeenskapswerk, sowel as afstandsgebonde werksgeleenthede kan op die platform onder jou organisasie se profiel gelaai word. Verder kan jy as werkgewer ook belê in die toekoms en opleiding van jong mense deur die skep van mentorskapprogramme. Lees hier meer oor alles wat die platform vir jou as werkgewer bied.

ʼn Addisionele voordeel sluit ook die bemarkingsblootstelling in wat jou vakante poste kan geniet. Jou poste word in beroepspesifieke groepe op die platform versprei asook op ʼn verskeidenheid sosialemediakanale om te verseker dat ʼn groter aantal potensiële kandidate aansoek kan doen. Só word die ideale mark van potensiële werknemers geteiken en bereik.

Werkgewers speel ʼn integrale rol in die verwesenliking van Solidariteit se algehele missie, en daarom koester ons as organisasie langdurige verhoudings met elke werkgewer wat die werkfasiliteringsplatform gebruik. Vind jou kandidaat vandag nog op Solidariteit en bou saam met ons aan ʼn vry, veilige en voorspoedige toekoms.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel