Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Staan hierdie jaar saam met ʼn gemeenskap wat saam met jou die wenpaal wil haal!
Wil jy in 2026 nie net in die wêreld van werk oorleef nie, maar voorloop? Dan is Solidariteit se digitale platform jou perfekte wegspringplek. Meer as 100 000 mense het reeds hier hul aanlyn beroepstuiste gevind – dit kan mos nie toevallig wees nie!
Hierdie platform is nie net ʼn lys van werkgeleenthede of ʼn versameling van aanlyn kursusse nie. Dit is ʼn lewendige Afrikaansegemeenskap waar skoliere, studente, jong werkendes en ervare beroepslui saam leer, groei en mekaar ondersteun. Danksy jou gratis Solidariteit-profiel skep jy vir jouself ʼn tuiste in hierdie digitale wêreld van werk – ʼn plek waar jy saam met ander in jou beroep kan groei. En waar jy saam met ander uiteindelik die wenstreep kan haal.
Wat bied dié platform vir gebruikers?
Elke gebruiker het toegang tot ʼn omvattende ekosisteem wat elke fase van hul loopbaan ondersteun:
- • Werkportaal: Meer as 10 000 CV’s is reeds gelaai en meer as 30 000 werkaansoeke gefasiliteer.
- • Kursusse vir voortgesette leer: Meer as 150 kursusse ondersteun gebruikers se beroepsontwikkeling en help hulle om voortdurend in hul beroep te groei.
- • Hulpbronne vir skoliere: Programme soos “Beroepe van die Toekoms”, “My Hoërskoolpad” en #Vakkeuses help skoliere om ingeligte keuses te maak.
- • Hulpbronne vir jong werkendes: Solidariteit ondersteun werknemers wat pas die werkplek betree met sessies wat onderwerpe hanteer, soos belasting, begrotings en regte in die werkplek.
- • Hulpbronne vir studente: Studente kry toegang tot mentorskapprogramme, skaduwerkgeleenthede en eksamenondersteuning.
- • Beroepsnetwerke: Daar is 11 gespesialiseerde beroepsnetwerke beskikbaar wat jou beroep se belange beskerm en jou loopbaan versterk.
- • Sektorgroepe: Agt sektore het elkeen hul eie aanlyn groep wat individue in elke sektor met relevante nuus en wetgewing bemagtig.
Of jy nou ʼn skolier, ʼn student, ʼn jong werkende of ervare werknemer is – Solidariteit staan jou by in elke fase. Dit is jóú plan van aksie om die eindstreep in jou loopbaan en in jou toekoms te haal.
ʼn Plan van aksie is net so sterk soos die span wat dit uitvoer. Daarom is die volgende stap om ook ʼn lid van Solidariteit te word. Só kan jy altyd weet dat jou werk beskerm word.
As Solidariteit-lid kry jy al die bogenoemde voordele, asook:
- • regsbystand en werkbeskerming as daar onreg by die werk is;
- • bevallingsbystand;
- • beduidende afslag op, of gratis toegang tot, aanlyn voortgesette leer-kursusse;
- • ʼn testament wat namens jou opgestel word;
- • vakansievoordele;
- • begrafnisbystand;
- • ʼn gesaghebbende stem wat namens jou opstaan teen onregverdige beleide; en
- • ʼn gemeenskap wat saam met jou beplan, bou en veg vir beter werkomstandighede.
Met jou gratis profiel bou jy aan jou loopbaan. Met lidmaatskap bou jy saam aan iets nóg groter – jy vat hande met ʼn gemeenskap wat saam met jou aan ʼn vry, veilige en voorspoedige toekoms vir jou, jou gesin en jou gemeenskap bou.
Hardloop saam met Solidariteit oor die wenstreep
- 1. Registreer vandag nog jou gratis Solidariteit-profiel aanlyn.
- 2. Sluit aan as lid van Solidariteit en word deel van die beweging wat saam met jou oor die wenstreep wil hardloop.
Solidariteit is jou plan van aksie vir ʼn beter 2026. Jou toekoms verdien ʼn span wat saam met jou wil wen.