loading
Artikels
8 maande gelede
staan-so-uit-wanneer-jy-aansoek-vir-werk-doen

Foto Krediet: OkayDeer

Staan só uit wanneer jy aansoek vir werk doen

Deur Ané Janse van Rensburg

Daar is ʼn waarheid wat homself tydens die aansoekproses openbaar: daar is baie kandidate wie se CV’s op die grootbaas se lessenaar eindig. Om bloot ʼn CV in te stuur, is in vandag se tyd nie meer genoeg nie. Jy moet seker maak dat jy bo die res van die kandidate uitstaan om sigbaar te wees gedurende die aansoekproses.

Bright Network gee vyf wenke vir jong mense wat die wêreld van werk betree:

Bou ʼn netwerk

Die bekende sêding wat lui, dit gaan nie oor wat jy weet nie, maar wie jy ken, is beslis waar in die werkplek. Om ʼn netwerk in jou loopbaan te bou, is van onskatbare waarde. Met die toeganklikheid tot verbinding wat sosiale media vandag bied, is dit makliker as ooit om kontakte op te bou. Solidariteit se beroepsnetwerke is ʼn gemeenskap wat daarna streef om jou in jou beroep te ondersteun. Dit dien as ʼn verbindingspunt vir individue wat in dieselfde beroep staan en maak dit maklik om in jou industrie te netwerk. Daarmee saam kan jy ook in kontak kom met kenners in die bedryf wat as ʼn mentor kan optree. Klik hier om by jou beroepsnetwerk in te skakel.

Bou relevante vaardighede op

Dit is nooit te vroeg om vaardighede wat jy in die werkplek kan gebruik te verkry en op te skerp nie. Dit dra nie net by tot jou waarde vir die industrie nie, maar dit laat jou bo die res van die kandidate uitstaan. Solidariteit glo in die waarde van voortgesette leer in die werkplek en bied dus meer as 60 aanlyn kursusse om jou as aspirant werknemer te bemagtig. Sien die portaal vir die kursusse hier.

Kry werkservaring

Alhoewel ʼn kwalifikasie agter jou naam beslis waarde dra, bly werkservaring ʼn bonus met betrekking tot jou sukses as ʼn aansoeker. Internskappe en skaduwerk bied aan jong mense die geleenthede om ʼn voorsmakie van die bedryf te kry. Dit wys ook aan werkgewers dat jy alreeds waardevolle insig oor die werkplek en die industrie opgebou het.

Bou ʼn aanlyn profiel

Moet nooit die waarde van die internet onderskat nie. Maak seker dat jy trots kan wees op jou sosialemediaplasings en stel belang in relevante inhoud rakende jou gekose beroep. Bly ook só op datum met die nuutste gebeure in die bedryf. Skep ʼn aanlyn profiel op Solidariteit om jouself sigbaar te maak by werkgewers in die bedryf. Solidariteit se aanlyn platform dien as ʼn verbindingspunt vir werkgewers en werknemers om te netwerk. Skep jou profiel hier – die sleutel tot jou sigbaarheid in die werkplek!

Bou ʼn goeie CV

Hier is waar al jou ervaring, kennis en vaardighede saamgevat word. Dit is belangrik om ʼn duidelik leesbare en goed afgeronde CV in te stuur. Die geheim is om met elke aansoek jou CV aan te pas vir elke spesifieke pos waarvoor jy in aanmerking wil kom. Lees hier oor ʼn paar wenke om jou CV te laat uitstaan.

Solidariteit wil saam met jou die pad as jong werkende stap. Met netwerkgeleenthede, kursusse om jou vaardighede op te skerp en nuus oor jou beroep, is dit vandag makliker as ooit om jou droomwerk op te raap.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel