
Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Studeer in Afrikaans
Deur Maryna Eksteen
Daar word keer op keer deur navorsing bewys dat dit vir elkeen belangrik is om in hul moedertaal onderrig te kry. Onderrig in Afrikaans is ’n onderwerp wat voortdurend die hoofopskrifte haal, maar gelukkig is daar vir al die Afrikaanse studente daarbuite organisasies wat baklei om Afrikaanse onderrig op tersiêre vlak te behou.
Hier is vier universiteite waar studente vry, veilig en voorspoedig in Afrikaans kan studeer:
Akademia
Akademia is ’n private hoëronderwysinstelling wat daartoe verbind is om op ’n uitnemende wyse in die behoefte aan professionele opleiding te voorsien. Lees hier meer. Akademia sien toe dat Afrikaanse studente die arbeidsmark in sy veelheid van segmente suksesvol betree. Hierdie instelling bied tans ’n voltydse kampusmodel aan waar studente op kampus teenwoordig is, asook ’n nauurse afstandmodel vir studente wat na ure wil studeer. Studente kan by een van vier koshuise inwoon vir die duur van hul voltydse studie. Klik hier om meer oor die koshuise te lees.
Sol-Tech
Sol-Tech is ’n private tegniese opleidingsinstelling wat op Christelike waardes gegrond is. Hierdie instelling bied tans kursusse aan in ambagsrigtings en inligtingstegnologie. Klik hier om meer oor Sol-Tech se kwalifikasies te lees. Sol-Tech se hoofkampus is in Pretoria geleë. Behuising word tans deur private organisasies en ander lede van die publiek in die omtrek van Sol-Tech aangebied en daarom is studente van regoor Suid-Afrika welkom om aansoek te doen om by Sol-Tech te kom studeer.
Helpende Hand Opleidingsinstituut
Die Opleidingsinstituut is ‘n inisiatief van Solidariteit Helpende Hand. Dit is ‘n privaat sentrum vir vaardigheidsopleiding met ‘n Christelike grondslag.
In Suid-Afrika is daar ‘n enorme tekort aan versorgers, en waar opleiding wel plaasvind, is die gehalte nie altyd na wense nie. Die Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut streef daarna om versorgers van wêreldgehalte op te lei wat gereed is vir die uitdagings van die toekoms en ‘n groot bydrae kan lewer om gehaltesorg aan te vul. Klik hier om meer te lees oor wat hierdie instelling vir jou kan bied.
Bo-Karoo Opleiding
Bo-Karoo Opleiding (BKO) bied die ideale geleentheid om ’n nasionaal geakkrediteerde kwalifikasie in ’n goed gestruktureerde landbou-omgewing te verwerf. Hier verwerf studente nie net ’n kwalifikasie nie; hulle word gevorm om as roepingsgederewe volwassenes die arbeidsmark te betree – stewig gegrond in hulle geloof en kultuur, op pad na ’n nuwe môre. Klik hier om meer oor BKO te lees.
Die Solidariteit Beweging, saam met sy bykans 50 instellings, werk daaraan om te verseker dat Afrikaners vry, veilig en voorspoedig aan die suidpunt van Afrika sal voortbestaan. Dit word gedoen met ʼn selfdoen-ingesteldheid, en met wedersydse erkenning en respek vir ander gemeenskappe. Daarom wil ons jou aanmoedig om deel van Solidariteit te raak waar jy werklik ’n verskil kan maak.
ʼn Groot klomp bietjies maak baie, en met lede se R10’e kon ons Sol-Tech bou. Bou saam met ons aan die toekoms van Afrikaanse onderrig; klik hier om vandag nog te help bou.