Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Studeerkamer: Só werk die eksamengids
Deur Lize-Mari Verster
Solidariteit streef daarna om altyd sy lede te bemagtig deur ondersteuning en hulpbronne te verskaf wat hulle suksesvol in hul loopbaan sal maak.
Solidariteit se Studeerkamer is waar elke student wil wees. Hier is gidse, video’s, dokumente en allerhande hulpbronne beskikbaar, en dit is alles gratis.
Een van die belangrikste dinge wat jy tydens die eksamen kan doen, is om te beplan. Daarom het Solidariteit ’n eksamengids vir jou saamgestel wat ’n gratis aflaaibare eksamenbeplanner insluit wat jou sal help om seker te maak dat jy by al jou werk uitkom. Die eksamenbeplanner is ontwerp om studente met beter studiegewoontes en tydsbestuurvaardighede te bemagtig.
Wat bied die eksamenbeplanner vir jou?
- 1. ’n Weeklikse oorsig wat jou toelaat om die week se take en verpligtinge mooi uit te lê.
- 2. ‘n Afdeling om spesifieke leeraktiwiteite te beplan, soos leeswerk, hersiening en oefenvrae.
- 3. Prioriteitslysie van leerwerk waar jy jou dringendste take kan lys en dit prioritiseer. Dit help jou om te fokus op wat eerste gedoen moet word.
- 4. ’n Afdeling vir persoonlike sake om nie-akademiese verpligtinge en aktiwiteite te beplan sodat jy ’n balans tussen jou akademiese en persoonlike lewe kan handhaaf.
- 5. ’n Gedetailleerde moet-doen-lysie vir die week wat ook ’n onderverdeling bevat vir niebeplanbare take, dit wat net miskien moet gebeur en wat jy vir die volgende week kan verwag.
Hoe gaan die eksamenbeplanner jou help?
Die eksamenbeplanner gee jou ’n lekker volledige oorsig van wat jy in ʼn bepaalde week en elke spesifieke dag kan verwag. Die beplanner sal jou help om jou tyd doeltreffend te bestuur en te prioritiseer wat gedoen moet word. So sal jy minder oorweldig voel deur die hoeveelheid werk wat voorlê.
Die beplanner help jou ook om ’n balans tussen jou studie en jou persoonlike lewe te handhaaf sodat jy nie net jou akademiese doelwitte bereik nie, maar ook tyd vir persoonlike aktiwiteite kan inruim.
Ons wil jou voortdurend ondersteun en is toegwyd om jou te bemagtig om sukses in jou loopbaan te behaal. Die eksamenbeplanner is net een van die vele instrumente wat Solidariteit bied om ons lede te help om hul volle potensiaal te bereik.
Skep nou jou gratis profiel op Solidariteit, navigeer na “Studeerkamer” op die kieslys aan jou linkerkant en kyk na wat die eksamengids jou alles bied. Raak jou studie baas en verwesenlik jou wildste drome!