
Foto Krediet: Verskaf: Akademia
Gekopieër
Gee die eerste tree na loopbaansukses by Akademia se sentrumopedae
Ontdek by Akademia se komende sentrumopedae op 16 en 17 Mei 2025 in Bloemfontein, George en die Moot in Pretoria hoe Akademia jou toekoms in Afrikaans kan vorm. Hierdie geleentheid stel voornemende studente en hul ouers in staat om eerstehands inligting oor Akademia se unieke onderrigmodelle, studieprogramme en studentelewe te kry. Met ʼn groeiende internasionale voetspoor en ʼn stewige netwerk in Afrikaanse gemeenskappe is Akademia veel meer as net ʼn instelling – dit is ʼn akademiese tuiste. Lees hier meer oor die sentrumopedae.
Deur Kyla-Ann du Toit
By Solidariteit glo ons dat elke individu die geleentheid verdien om sy of haar toekoms met selfvertroue te bou. Dit is waarom ons Akademia ondersteun – ʼn instelling wat nie net gehalte-onderrig bied nie, maar ook ʼn studietuiste in Afrikaans skep waar studente hul volle potensiaal kan bereik.
Akademia bied vir voornemende studente in Bloemfontein (Akademia-sentrum by The Towers-winkelsentrum), George (Akademia-sentrum by Joubert Plaza) en die Moot (Akademia-sentrum by Waverley Plaza) ʼn unieke geleentheid om hulself te vergewis van die uiteenlopende studie- en loopbaanmoontlikhede wat dié instelling bied. Tydens Akademia se sentrumopedae wat op 16 en 17 Mei 2025 plaasvind, kan voornemende studente en hul ouers meer leer oor studiemoontlikhede sowel as die instelling se twee onderrigmodelle – die voltydse kampusmodel en die nauurse afstandsmodel. Voornemende studente kry ook die geleentheid om eerstehands met Akademia-personeel én huidige Fonties* te gesels.
(*Fonties verwys na studente wat aan Akademia studeer. Die naam is afgelei van Akademia se leuse, Ad futurum per fontes – “Na die toekoms deur die bronne”.)
ʼn Akademiese tuiste vir studente
Akademia se sentrums is deel van ʼn landswye netwerk wat beduidende ondersteuning bied aan studente wat spesifiek in Afrikaanse gemeenskappe woon. Akademia se landswye sentrumnetwerk bied ʼn waardevolle steunpilaar vir studente, veral binne Afrikaanse gemeenskappe. Hierdie netwerke bied nie net logistieke ondersteuning soos toegang tot internet en krag aan studente nie, maar ook die geleentheid om akademies te presteer, vriendskappe te smee en professionele netwerke uit te brei.
Die sentrumopedag bied die ideale kans om Akademia eerstehands te beleef en die skaal van die onderrigmodelle, programkeuses en Akademia se ondersteuningsdienste te ontdek. Dit is die ideale geleentheid om meer te leer oor die aansoekproses, die verskillende akademiese rigtings wat beskikbaar is en hoe die klasbywoning vir albei modelle lyk.
- • Sessie 1 – Vrydag 16 Mei: Hierdie sessie is gemik op volwasse studente wat hul studie met werk of ander verpligtinge wil kombineer, en stel die nauurse afstandsmodel bekend as ʼn buigsame leeropsie. Met ʼn netwerk van sentrums regoor Suid-Afrika én ʼn e-leeropsie maak hierdie model dit moontlik om in Afrikaans te studeer – selfs vanuit die buiteland. Kontaksessies word op weeksaande en Saterdae aangebied, met tegnologie wat leer in virtuele ruimtes ondersteun. Akademia se internasionale teenwoordigheid sluit studente in lande soos onder meer Australië, Namibië, Nederland, Nieu-Seeland, Rusland, Swede, Thailand, die Verenigde Arabiese Emirate en die Verenigde State van Amerika in.
- • Sessie 2 – Saterdag 17 Mei: Hierdie sessie bied skoolverlaters die kans om hul studie- en loopbaanrigtings ná matriek te verken, hetsy deur voltydse studie op kampus in Centurion of die Paarl, of via die nauurse afstandsmodel. Akademia se kundige akademici sal beskikbaar wees om vrae te beantwoord en leiding te gee oor keuses en moontlikhede. Dit is die ideale geleentheid om die Akademia-wêreld en die unieke Fontie-kultuur self te ervaar.
Jou toekoms begin hier
By Solidariteit verstaan ons die waarde van gehalte-onderrig. Akademia is deel van ʼn groter visie om ʼn selfstandige toekoms vir die Afrikaanse gemeenskap te bou waar hulle in hul moedertaal kan studeer én groei. Jong mense word die geleentheid gebied om vir hulself die nodige kennis te bekom om as ʼn minderheidsgroep in ʼn meederheidsamelewing te kan floreer. Akademia bied dus nie net ʼn akademiese ervaring nie, maar help ook om ʼn Afrikaanse gemeenskap te bou wat saamwerk om ʼn vry, veilige en voorspoedige toekoms te verseker.
Registreer vandag nog vir een van Akademia se sentrumopedae en begin jou reis om as ʼn Fontie jou drome te verwesenlik. Klik hier vir meer inligting.