loading
avatar
Artikels
19 uur gelede
student-wat-wil-werkgewers-op-jou-cv-sien-en-wat-laat-hulle-cringe

Foto Krediet: Okay Deer

Student, wat wil werkgewers op jou CV sien en wat laat hulle cringe?

Hier is drie rooivlae en groenvlae vir jou CV:

🔴Rooi vlag #1: Moenie al jou matriekvakke lys nie.

Werkgewers gee nie om dat jy in Grey was of dat jy alfa-wiskunde gehad het nie, so bedaar. Jy het matriek; dis al wat saak maak.

🔴Rooi vlag #2: Moenie jou hele lewensverhaal vertel nie.

ʼn CV is nie ʼn outobiografie nie.

Hou dit kort, relevant en professioneel. En skryf in die derde persoon sover jy kan!

🔴Rooi vlag #3: Los die buzzwords.

Enigiemand kan sê hulle is “hardwerkend” of “ʼn spanspeler”.

Maak seker jy lig eerder jou werkservaring, prestasies en kampusbetrokkenheid uit.

🟢Groen vlag #1: Lys enige ervaring.

Vakansiewerk, deeltydse werk, studenteleierskap en vrywilligerswerk.

Dít is wat werkgewers wil sien.

🟢Groen vlag #2: Spog met jou prestasies.

Het jy:

  • • ʼn toekenning ontvang?
  • • akademies uitgeblink?
  • • ʼn kursus voltooi?

Laat dit uitstaan!

🟢Groen vlag #3: Hou jou CV skoon en professioneel.

Een tot twee bladsye MAKSIMUM.
Geen spel- of taalfoute nie.
Maklik om te lees.

Dit wys jy neem jouself én die aansoek ernstig op.

Wil jy jou loopbaan met selfvertroue begin?

Sluit aan by Solidariteit se Studentelewegroep vir hulp met jou CV, toegang tot werksgeleenthede en praktiese raad vir die wêreld van werk.

Kry die voorsprong wat jy nodig het!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel