Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Universiteit is net die begin. Bou nóú reeds aan jou toekoms!
Deur Leré Nel
Het jy al ooit gewonder wat onderskei die studente wat sukkel om aan te pas ná universiteit van dié wat dadelik in die wêreld van werk floreer? Het hulle ʼn beter graad gekies om te studeer, of ʼn beter werk gekry? Of is daar dalk iets meer wat agter hierdie sukses skuil?
Die studente wat floreer ná universiteit is nie noodwendig dié wat die hardste geleer het nie. Hulle het nie noodwendig die meeste ure in die bib spandeer, die mooiste opsommings gehad of die meeste onderskeidings verwerf nie.
Die geheim is: hulle het op universiteit al begin voorberei vir hulle loopbaan.
Leer slimmer. Beplan vorentoe.
Natuurlik is goeie uitslae belangrik, maar dit is nog belangriker om jouself voor te berei vir jou loopbaan ná universiteit. Ons weet dat dit maklik is om vasgevang te raak in ʼn besige skedule; om altyd net besig te wees om klas by te woon of te leer vir die volgende eksamen.
Daarom het Solidariteit se Studentelewegroep besluit om dit so maklik as moontlik vir jou te maak.
Met jou gratis profiel op Solidariteit-aanlyn kry jy toegang tot al die praktiese hulpmiddels wat jou help om nie net ʼn beter student te wees nie, maar ook ʼn sterker kandidaat wanneer jy eendag by jou eerste werk instap.
Hoe skryf jy ʼn professionele CV? Waar begin jy werk soek, en hoe dien jy ʼn aansoek in? Hoe berei jy voor vir ‘n onderhoud? Hoe bestuur jy jou geld wanneer jy ʼn salaris verdien? Hoe leer jy op ʼn manier wat jou sal help in jou loopbaan eendag? En wat doen jy wanneer jy onseker is oor die volgende stap in jou loopbaan?
Die antwoorde op al hierdie vrae wag vir jou op die Studentelewegroep.
Met jou gratis profiel op Solidariteit-aanlyn kry jy toegang tot:
• ʼn KI-assistent wat jou kan help met jou studie en vrae oor jou loopbaan eendag;
• ʼn netwerk waar jy met ander studente kan gesels, jou ervarings deel en saam leer; én
• hulpmiddels wat jou voorberei vir die wêreld van werk.
Kry ʼn voorsprong in jou loopbaan
Baie studente begin eers aan hul loopbaan dink wanneer hulle amper afstudeer het.
Moenie daardie fout maak nie!
Sukses op universiteit gaan nie net oor hoe hard jy werk nie, maar ook oor hoe slim jy nóúal voorberei vir die toekoms.
Begin vandag bou aan die toekoms waarvoor jy studeer
Jou kwalifikasie maak vir jou deure oop. Maar dit is die kennis, vaardighede en ondersteuning wat jy langs die pad opdoen wat jou help om die wêreld van werk met selfvertroue te betree.
Die besluite wat jy vandag neem, vorm die loopbaan wat jy môre gaan bou.
Skep vandag nog jou gratis profiel op Solidariteit-aanlyn en sluit by die Studentelewegroep aan.