
Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Studieaansoeke: Hoe, wat en waar?
Deur Kyla-Ann du Toit
En toe jy jou oë uitvee, kruip jou kind se laaste skooljaar nader …
Graad 11 is verby en graad 12 klop aan die deur. Dit is nou belangriker as ooit om te besef dat jou kind se toekoms nie ná matriek begin nie, maar dat dit nóú begin. Een van die belangrikste besluite wat julle saam moet maak, is wat jou kind ná skool wil studeer, waar hulle dit wil studeer en by hoeveel instellings julle moet aansoek doen.
Wat presies beteken dit? Hoeveel instellings is genoeg? Is universiteit die enigste opsie? Wat moet alles gebeur? Haal asem! Solidariteit se Skoliere-aanbod verstaan dat dit ʼn stresvolle én onsekere tyd is. Daarom het ons ʼn videoreeks vir graad 11’s en vir graad 12’s saamgestel wat julle in hierdie nuwe hoofstuk kan help.
ʼn Videoreeks tot jou redding
Dink aan jou studieaansoeke as ʼn geval waar jy ʼn sambreel saam met jou neem al wys die weervoorspellings daar is net ʼn klein kans vir reën. Dit is altyd slim om voorbereid te wees. Om by verskeie instellings aansoek te doen, hou jou kind se opsies oop en verseker dat hulle ander opsies het indien plan A nie uitwerk nie. Aansoekfooie is gewoonlik nie buitensporig nie en die gemoedsrus wat verskeie aansoeke meebring is van onskatbare waarde.
Die graad 11-videoreeks bespreek onder meer belangrike datums, sluitingsdatums en dokumentasie waarvan jy moet weet wanneer julle vir jou kind se studie aansoek doen. Die video’s fokus ook op watter loopbaanrigtings skaduwerk vereis en wat jou kind van jou gaan benodig om aansoek te kan doen.
Wat is die verskil tussen instellings?
Nie alle instellings is dieselfde nie en dit is ʼn goeie ding. Hier is ʼn paar voorbeelde:
- • Universiteite fokus op akademiese rigtings en vereis hoë toelatingspunte.
- • Universiteite van Tegnologie bied ʼn meer praktiese benadering tot beroepe.
- • Beroepsopleidingsentrums (soos TVET-kolleges) fokus op vaardighede wat vinniger toegang tot werk bied.
- • Privaat instellings spesialiseer in beroepspesifieke opleiding, maar dit kan meer kos.
Hierdie keuses beïnvloed nie net wat jou kind studeer nie, maar ook hoe, waar en vir hoe lank. Dit is dus belangrik om elke opsie realisties te oorweeg.
Hoe om keuses realisties op te weeg
Die keuses hoef nie oorweldigend te wees nie. Begin deur jou kind se belangstellings en sterkpunte te verstaan – Solidariteit se gratis belangstellingsbepaler is ʼn goeie beginpunt. Daarna kan julle saam ondersoek instel na instellings wat by daardie belangstellings pas.
Let op toelatingsvereistes, ligging, koste en selfs die kultuur van die kampus. Help jou kind om vrae te beantwoord soos:
- • Wat wil ek eendag doen?
- • Watter tipe leerwerk pas by my – prakties of akademies?
- • Is ek reg vir voltydse studie of eerder deeltyds?
In ons graad 11-videoreeks brei ons verder uit op hierdie onderwerp.
In hierdie videoreeks word ook verskeie ander onderwerpe bespreek soos:
- • wat NBT’s en SJT’s behels;
- • TP-telling en die keuringsproses; en
- • jou kind se plan B indien plan A nie uitwerk nie.
Klik hier om toegang tot die video’s te kry.
Onthou om jou gratis profiel op Solidariteit te registreer indien jy nog nie het nie. Sodra jy ingeteken is, klik op “Skolier” in die aftreklys aan die linkerkant van die tuisblad en dan op “My Hoërskoolpad”. Die videoreeks is onder “Graad 11”.
Daar is ook ʼn graad 12-videoreeks wat ander belangrike onderwerpe bespreek. Klik hier om meer daaroor te lees.
Hierdie hulpbronne is heeltemal gratis, in Afrikaans en maklik verstaanbaar. Solidariteit wil jou en jou kind help om seepgladde oorgang van hoërskool na ʼn suksesvolle toekoms te verseker. Maak dus vandag nog gebruik van hierdie skatkis vol hulpbronne en help jou kind om hul toekoms in hul eie hande te neem!