loading
avatar
Artikels
1 dag gelede
tien-dinge-wat-solidariteit-lede-help-bou

Foto Krediet: Okay Deer

Tien dinge wat Solidariteit-lede help bou

Deur Dirk Hermann

Een: ʼn Werkplatform waar 4 000 werkgewers reeds 14 000 poste geadverteer het, asook WerfNet, wat mense op grond van meriete plaas.

Twee: Beroepsnetwerke waar beroepslui met mekaar skakel, jong mense in diens geneem word en beskerming in die werksplek bevorder word.

Drie: Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum met Wolkskool, wat ook help om die Gimnasium-skolekonsessie te bou.

Vier: Akademia – wêreldklas hoër onderwys in Afrikaans, met nuwe grade en ʼn nuwe kampus.

Vyf: Sol-Tech – die beste ambagskollege in die land.

Ses: Bo-Karoo Opleiding, wat tegniese en landbou-opleiding, werkwinkels, studenteverblyf en ʼn proefplaas aanbied.

Sewe: Kanton, die eiendomsmaatskappy wat die Sol-Tech- en Akademia-kampusse bou.

Agt: Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut, wat versorgers oplei.

Nege: Solidariteit Helpende Hand se Studietrust, wat vanjaar R70 miljoen aan studiefondse uitbetaal.

Tien: Maroela Media – die grootste Afrikaanse aanlyn mediamaatskappy.

Elke Solidariteit-lid dra hiertoe by.

Saluut aan elke Solidariteit-lid. Julle bou.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel