loading
avatar
Artikels
6 uur gelede
solidariteit-aanlyn-jou-digitale-tuiste

Foto Krediet: OkayDeer

Solidariteit-aanlyn: Jou digitale tuiste

Deur Leré Nel

In ʼn era waar ons daagliks met derduisende digitale platforms en tegnologieë gebombardeer word – elkeen meer indringend as die vorige een – begin mense al hoe meer besef wat regtig saak maak: veiligheid, betroubaarheid en eenvoud.

Daarom is Solidariteit-aanlyn geskep: om Afrikaners weer ʼn gevoel van behoort te gee, al is hulle nie bymekaar nie. Om betroubare ondersteuning, waardevolle hulpbronne en ʼn gemeenskap te bied wat jou belange op die hart dra.

Solidariteit-aanlyn is ʼn omvattende aanlyn ekosisteem wat ontwerp is om jou te help om jou loopbaan te ontwikkel, jou kennis uit te brei en toegang te kry tot hulpbronne wat jou lewe makliker maak.

Jou gratis profiel: Alles wat jy nodig het op een plek

Met ʼn gratis profiel op Solidariteit-aanlyn kry jy toegang tot ʼn wye verskeidenheid hulpmiddels en geleenthede. Dit sluit onder meer die volgende in:

Aanlyn regshulp

Lede het enige tyd en op enige plek toegang tot professionele arbeidsregadvies. Of jy nou vrae het oor jou werkplek, dienskontrak of enige ander arbeidsregtelike kwessie – jou arbeidsregadviseur in KI-vorm is altyd op die punte van jou vingers beskikbaar!

Alhoewel Aanlyn regshulp slegs vir lede beskikbaar is, kan nielede die kletsbot met twee gratis vrae uittoets.

Jou persoonlike KI-assistent

Danksy jou gratis profiel op Solidariteit-aanlyn kry jy toegang tot Klets, ʼn intelligente Afrikaanse KI-assistent wat jou met byna enigiets kan help. Of dit nou ʼn redenaarstoespraak vir jou kind, ʼn agenda vir ʼn vergadering by die werk of sommer net idees vir aandete is – Klets staan gereed om te help. Dit is ook veiliger om te gebruik as enige ander KI-kletsbot, aangesien jou en jou gesin se inligting veilig gehou word.

Beroepsnetwerke en sektorgroepe

Jou netwerk is een van die belangrikste boustene van loopbaansukses. Daarom wil Solidariteit  jou daaraan help bou! Solidariteit-aanlyn bring beroepslui uit 11 verskillende beroepsnetwerke en agt verskillende sektorebymekaarin professionele gemeenskappe waar kennis gedeel, verhoudings gebou en geleenthede geskep word.

Die grootste Afrikaanse werksoekportaal

Met meer as 160 000 gebruikers en byna 4 500 werkgewers wat al ʼn totaal van 15 664 poste geplaas het, staan Solidariteit-aanlyn uit as die grootste Afrikaanse werksoekportaal in die wêreld. Meer as 10 000 CV’s is reeds opgelaai en meer as 30 000 werkaansoeke is gefasiliteer.

Werk- en loopbaanhulpbronne

Of jy jou eerste werk soek, ʼn nuwe loopbaangeleentheid oorweeg of jou professionele profiel wil versterk, Solidariteit-aanlyn bied toegang tot praktiese hulpmiddels wat jou kan help om jou doelwitte te bereik.

Daar is hulpbronne vir studente, jong werkendes en selfs skoliere.

Kursusse vir voortgesette leer

Voortgesette leer is noodsaaklik in ʼn vinnig veranderende arbeidsmark. Solidariteit-aanlyn bied toegang tot nagenoeg 150 aanlynkursusse, opleidingsgeleenthede en ander hulpbronne wat persoonlike en professionele ontwikkeling ondersteun.

ʼn Gemeenskap wat saam bou

Wat Solidariteit-aanlyn uniek maak, is die gemeenskap daaragter. Dit is ʼn plek waar mense mekaar ondersteun, kennis deel en saamwerk om ʼn beter toekoms te bou. Hier is jy nie net ʼn passiewe gebruiker nie. Jy kan aktief deelneem aan gesprekke oor sake wat jou raak, foto’s, skakels en gedagtes met jou netwerk deel en waardevolle kontakte bou.

Die Solidariteit-app

Om toegang tot al hierdie hulpbronne nog geriefliker te maak, het Solidariteit ʼn app ontwikkel. Jy kan nou enige tyd, op enige plek toegang kry tot Solidariteit-aanlyn – sommer net daar in jou sak. Laai die app vandag nog vir Android of Apple af!

Registreer vandag nog jou gratis profiel!

Met jou gratis profiel op Solidariteit-aanlyn ontsluit jy ʼn wêreld van geleenthede, ondersteuning en ontwikkeling wat jou kan help om slimmer aan jou toekoms te bou.

Sluit vandag by meer as 160 000 ander gebruikers aan en ontdek waarom Solidariteit-aanlyn besig is om die voorkeur digitale tuiste vir werk, leer en groei te word.

Registreer jou profiel hier.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel